Offbeat
Weird Wide Web - Hierdie is beslis nie jou gewone toebroodjie nie!─── 15:36 Wed, 12 Apr 2023
Die restaurant Serendipity in New York is bekend vir sy luukse disse. En, nou kan jy weer sy beroemde geroosterde kaastoebroodjie bestel.
Dit sal jou egter $214 uit die sak jaag, en word deur die Guinness World Records as die wêreld se duurste toebroodjie beskou.
Die Quintessential Grilled Cheese sal vandag op Nasionale Geroosterde Kaasdag vir ’n beperkte tydperk op sy spyskaart wees.
Die toebroodjie is die eerste keer in 2014 gemaak, maar moenie dit bestel as jy honger is nie want jy moet dit 48 uur voor die tyd bestel.
Die brood word met Dom Perignon gemaak, bevat wit truffelbotter en word dan met Caciocavallo Podolico-kaas gevul. Hierna word dit tot goudbruin gerooster. Glo dit of nie … die korsies van die brood bestaan uit 23 karaat- eetbare goud. Dit word bedien met ’n Suid-Afrikaanse kreeftamatiebisque. Bisque is ’n geurige Franse sop. Serendipity is ook die Guinness-wêreldrekordhouer vir die duurste aartappelskyfies en melkskommel.