On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Kyk uit vir man met hoed as jy wakker word

───   15:16 Tue, 28 Mar 2023

Weird Wide Web – Kyk uit vir man met hoed as jy wakker word | News Article
FOTO: Twitter

Jy het dalk nog nie van die Hoedman gehoor nie, maar daar is 'n kans dat hy al een of twee keer in jou drome opgeduik het - 'n spookagtige skadufiguur met 'n donker jas en 'n hoed.

Die Hoedman is nou tot die status van ‘n legende verhef nadat die verskynsel deur mense regoor die wêreld gerapporteer is.  Die fenomeen maak sy verskyning wanneer mense in daardie nie-wakker, nie-slaap toestand verkeer wat as “slaapverlamming” bekend staan en wat wetenskaplikes al eeue lank verstom.

Die vroegste kliniese verslag van slaapverlamming dateer terug na 1664, toe 'n Nederlandse dokter dit beskryf het as die "Incubus of the Night-Mare" wat een van sy pasiënte op hol gehad het.

Deur die jare is slaapverlamming ook verklaar as die gevolg van “'n swart magiese vloek, mitiese monsters of demone”. Egiptenare het vroeër geglo dat 'n djinn (genie) agter slaapverlamming sit, terwyl inheemse mense in Suid-Afrika dit aan die Tokoloshe ('n dwergagtige watergees) toegeskry het. Net so het die Turke geglo dat die Karabasan (geesagtige wesens) agter die verskynsel sit.

Die wetenskap van slaapverlamming

In die 20ste eeu het wetenskaplikes en dokters wegbeweeg van mitologiese verklarings en 'n fisiese verduideliking vir die verskynsel begin soek. Daar word nou geglo slaapverlamming word veroorsaak deur 'n breinfout wat 'n belangrike sein ontwrig.

Tydens REM-slaap is jou liggaam verlam om te verhoed dat jy van die bed afrol of tydens drome jouself of ander seermaak. Hierdie verlamming skakel outomaties af wanneer jy uit REM-slaap kom en begin wakker word - maar nie in die geval van slaapverlamming nie.

Weens 'n fout in jou brein, bly jou liggaam in 'n verlamde toestand terwyl jy wakker word. Dit is 'n vreemde, skrikwekkende ervaring en gaan dikwels gepaard met hallusinasies en denkbeeldige wesens, soos die Hoedman.

Hoede af vir die Hoedman

Die Hoedman is uniek omdat hy, anders as verskillende “slaapverlammingsmonsters” vir verskillende wêrelddele, ongeveer dieselfde voorkoms het op verskillende plekke.

Soms is hy twee meter lank en soms drie meter; sy oë kan helderrooi of diep, donker poele wees; soms dra hy 'n goue sakhorlosie; soms is hy ‘n waas en ander kere 'n soliede figuur. Maar almal wat hom al gesien het, dring daarop aan dat hy 'n jas dra en ‘n hoed op het.

Hy is ook stil en raak nie aan jou nie. Hy staan dikwels net in 'n hoek van die kamer en kyk na jou. Soms sweef hy oor jou bors en beskou jou van naderby.

Wie of wat is die Hoedman?

Baie beskou die Hat Man as 'n vorm van "skadumense", donker menslike figure wat VVV-aanhangers glo besoekers van 'n ander planeet kan wees, wat moontlik "hoede kan dra om onvolmaakte koppe te bedek".

LEES OOK: Weird Wide Web: Geheimsinnige skip onder puin van Twin Towers

As jy 'n meer wetenskaplike verduideliking soek, is die Hat Man en ander visuele hallusinasies wat met slaapverlamming verband hou, bloot nagmerries. Vir die meerderheid mense is die breuk tussen REM-slaap (waar nagmerries gebeur) en wakker wees 'n baie duidelike lyn. Vir diegene wat aan slaapverlamming ly, is die lyn vaag, en vir 'n paar sekondes is jy beide in REM-slaap en gedeeltelik wakker - die perfekte kombinasie vir nagmerries om net 'n bietjie te werklik te word.

Maar net vir ingeval, wil jy dalk vanaand met die lig aan slaap.

Lees meer hier:

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.