On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web – Paartjie ontdek hul huis is reuse-byekorf

───   15:34 Tue, 14 Mar 2023

Weird Wide Web – Paartjie ontdek hul huis is reuse-byekorf | News Article
Paartjie ontdek hul huis is 'n reuse-byekorf. FOTO: www.ladbible.com

'n Britse paartjie wat donker kolle teen ‘n muur in hul huis opgemerk het, het by nadere ondersoek vasgestel dat dit sowaar heuning is. Nog groter was hul verbasing toe hulle groot stukke heuningkoek en liters heuning onder vloerplanke ontdek het.

“Ons huis was een groot byekorf,” sê die 41-jarige Kate Dempsey van Folkstone in Kent.  “Ek het eers gedink die donker kolle op die mure word deur vog veroorsaak, maar toe ek 'n soet geur in die lug opmerk, het ek besluit om verder te ondersoek in te stel.

"Dit het alles tydens verlede jaar se buitengewoon warm somer begin. Ons het opgemerk dat swart taai goed teen ons slaapkamermuur afdrup.

“Dit het tot die punt gekom waar ons dit nie meer kon ignoreer nie. Ek het dit geruik en geproe en dit was heuning.

“Ek is na ons dogter se kamer wat bo ons s’n is en die mat teruggetrek. Yslike maaiers het uit die vloerplanke begin kruip. Ons het besluit om die vloerplanke te verwyder om te kyk wat aangaan. Daaronder was ou korf met ‘n massiewe heuningkoek met hope motte wat daar uitgekom het.”

Kort daarna het die egpaar een oggend wakker geword met ‘n kamer vol bye.

‘n Byeboer het kom kyk en gesê dit is rowerbye wat na die nes kom om die heuning te steel. “Die bye het deur 'n gat in die muur ingevlieg, heuning gekry en weer reguit deur 'n venster uitgevlieg – hulle het nie in ons belanggestel nie."

Foto krediet: ladbible.com

Ná die ongewone ontdekking, het Kate en manlief Andrew 'n maatskappy gesoek wat die groot skoonmaakwerk kon hanteer, maar die yslike kwotasies van £10 000 (sowat R222 615), het hulle laat besluit om dit eerder self aan te pak.

Hulle het die hulp van 'n paar pelle ingeroep en dit self gedoen. Die groot taak het vier weke geneem.

“Jy kan jou die gemors voorstel. Dit was verskriklik,” het sy gesê. “Ons het 20 massiewe asbliksakke vol heuning verwyder. Die heuning was nie eetbaar nie, baie van die heuningkoek is deur die motte vernietig.

LEES OOK: What's on the menu – geurige roosmarynkoekies

“As dit ’n lewendige byekorf was, sou ons plaaslike byeboere gekry het om dit te onttrek en te hervestig.

“Ons het geen idee gehad hoe lank die byekorf daar was nie. Ons wil ander mense aanmoedig om hul huise na te gaan. Ons het ons s’n vir 'n rukkie geïgnoreer. Hopelik sal ons storie ander mense bewus maak van wat onder jou vloerplanke op jou kan wag.”

Lees meer hier.



 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.