On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Offbeat

Helberg-gesin, Cheetahs-stut praat ná skoolverkeer-nagmerrie

───   08:06 Fri, 03 Mar 2023

Helberg-gesin, Cheetahs-stut praat ná skoolverkeer-nagmerrie | News Article
Schalk Ferreira en die Helberg-gesin saam met die Good Morning Breakfast-span.

Toe 'n bedwelmde man Donderdagoggend se skoolverkeer amper in 'n nagmerrie verander het, was baie kinders en bestuurders ontsteld. Die Toyota Cheetahs se stut Schalk Ferreira het die situasie sien ontvou en het ingetree om die Helberg-gesin te help.

Die gesin vertel op die Good Morning Breakfast wat gebeur het Donderdagoggend 2 Maart 2023 toe 'n bedwelmde man die skoolverkeer amper tot stilstand gebring het en bo-op hulle voertuig gespring het.

Luister die volledige onderhoud hier:

“Ek het hom maar dopgehou, en toe hy op die kar [klim en] begin skop, het ek die familie se liggaamstaal gelees en gesien die seuntjie begin huil,” het die Toyota Cheetahs se stut Schalk Ferreira vroeër vertel.

LEES OOK: Cheetahs-stut plettervat skoorsoeker in skoolverkeer - VIDEO

Die gesin het die geleentheid gehad om self vir Ferreira dankie te sê in OFM se ateljee.

"God het ons beskerm en ek kan net baie dankie vir Schalk sê dat hy gekom het en kom help het. Ek is dankbaar dat hy ook nie seergekry het nie want 'n mens het nie regtig geweet wat kan gebeur nie," het Yolande Helberg op die Good Morning Breakfast vertel.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.