On Now
Weekends 16:00 - 19:00
All Request Sunday Nikki
NEXT: 19:00 - 20:00 Nuut in Afrikaans with Nadine
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web: Pa vlieg ses keer saam met lugwaardin-dogter

───   15:16 Fri, 06 Jan 2023

Weird Wide Web: Pa vlieg ses keer saam met lugwaardin-dogter | News Article
Pierce Vaughan and her father, Hal. PHOTO: Twitter

Hal Vaughan het vir ses vlugte betaal om Kerstyd saam met sy dogter, Pierce Vaughan, 'n lugwaardin, deur te bring.

Pierce was geskeduleer om oor die Kersseisoen as 'n lugwaardin vir die Delta-lugredery te werk, wat beteken dat sy die feestyd saam met die res van haar geliefdes sou misloop, berig die Daily Star.  

Niemand wil oor die feestyd werk nie, maar ten einde te verseker dat ander mense wel hul geliefdes kan sien, teken lugwaardinne dikwels vir die Kerskof aan om dit vir ander moontlik te maak. 

"Ek het die plesier gehad om langs Hal op my vlug terug huis toe te sit," vertel Mike Levy op 'n sosiale media-plasing. “Sy dogter Pierce was ons lugwaardin wat oor Kersfees moes werk. Hal het besluit hy sal die vakansie saam met haar deurbring. 

“Hy vlieg vandag en môre op elkeen van haar vlugte om tyd saam met sy dogter oor Kersfees deur te bring. Wat 'n fantastiese pa! Wens julle albei 'n baie geseënde Kersfees toe!"

Lees meer hier





@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.