On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Offbeat

Weird Wide Web: Te huur - man wat namens jou by jou begrafnis bieg

───   15:20 Tue, 15 Nov 2022

Weird Wide Web: Te huur - man wat namens jou by jou begrafnis bieg | News Article
Bill Edgar, the coffin confessor. PHOTO: Unilad.com

Bill Edgar van Australië het per ongeluk vir homself ’n werk as ’n "begrafnis-belyer" gekry. Hy help sy oorlede klante om ná hul dood oor kwessies te bieg, of mense te konfronteer.

Deesdae hoor ons gereeld van nuwe loopbaanopsies, soos dié een van Bill Edgar, 'n 53-jarige private ondersoeker van Queensland, Australië, wat in sy vrye tyd as 'n "begrafnis-belyer" sy dienste aanbied.

Volgens unilad het Edgar per ongeluk in dié vreemde beroep beland terwyl hy saam met 'n kliënt, ene Graham gewerk het. Graham was ernstig siek en het net maande gehad het om te lewe. 

Die twee mans het oor die dood begin praat en Graham het vir Edgar genoem hy wens hy kon iemand by sy begrafnisdiens hê om sy sogenaamde beste vriend te konfronteer. Dié het glo by sy vrou aangelê terwyl Graham nog op sy sterfbed was.

“Ek het voorgestel dat ek by sy begrafnis opdaag en dit namens hom doen, en hy het my aanbod aanvaar,” het Edgar aan Australië se SBS vertel. 

“Hy het my ook gevra om drie mense uit die seremonie te verwyder. Hy het hulle in 30 jaar nie gesien nie, so hoekom betoon hulle nou hul eer as hulle hom kon gesien het toe hy gelewe het?"

Edgar sê dit was nie maklik nie. "Ek bedoel, ek onderbreek 'n begrafnisdiens. Jy het geliefdes wat sit en treur en sy beste vriend lewer 'n lofrede en ek staan op en kondig aan dat hy eerder moet gaan sit of skoert want ek het iets om te sê."

Sedertdien het hy vir homself 'n naam gemaak as "The Coffin Confessor" en word hy mildelik vir sy ongewone dienste beloon. 

'n Boek oor sy ervarings is reeds op die rak en 'n Hollywood-fliek is volgende aan die beurt.  

Terwyl die meeste van Bill se sake geneig is om ontrouheid te hanteer, behels ander bekentenisse wat klante nie dapper genoeg was om te erken toe hulle gelewe het nie. 

Lees meer oor Bill se bisarre tweede werk hier.



Podcasts

Weird Wide Web - Die kis biegvader:

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.