Offbeat
Weird Wide Web: Man speel dood, kry TV-rol van ’n leeftyd─── 15:14 Fri, 04 Nov 2022
'n Man wat 'n jaar lank video's van homself geplaas het waarin hy dood speel, het sy droomrol gewen - as 'n kadawer in 'n groot Amerikaanse TV-produksie.
Josh Nalley van Kentucky in die VSA het uiteindelik daarin geslaag om die aandag van die vervaardigers van CSI: Vegas te trek, nadat hy honderde snitte op TikTok geplaas het van homself waar hy maak asof hy “dood” is.
Hy kan gesien word waar hy in die modder lê, in 'n wiegstoel neergesak, aan sy polse gespan of kunstig oor die naaste kroegtoonbank of tafel gedrapeer is.
In elke toneel is hy doodstil en roerloos.
Die 41-jarige restaurantbestuurder het aan die Washington Post gesê dat “luiheid" deel was van sy plan.
"Ek het gedink dit is die maklikste manier hoe ek in 'n TV-program of fliek kan verskyn sonder om 'n oudisie af te lê of uit Kentucky te trek."
Maar selfs die selfopgelegde taak om glad nie te beweeg nie, was moeiliker as wat hy eers gedink het.
Kort nadat hy in Oktober 2021 begin het om sy “dooie” alter ego te verfilm, het hy gevind dat sy skote op @living_dead_josh soms uit fokus of sleg geraam was en kon hy klein liggaamsbewegings of vlak asemhaling sien.
Lees meer oor hierdie artikel deur hier te kliek.
Weird Wide Web - Die TV-rol van 'n leeftyd.: