On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Offbeat

Tempelgangers treur oor “vegetariese” krokodil

───   07:52 Wed, 12 Oct 2022

Tempelgangers treur oor “vegetariese” krokodil | News Article
PHOTO: AFP

Honderde mense het die begrafnis bygewoon van 'n krokodil wat glo heilig was en vir dekades op 'n vegetariese dieet by 'n Hindoe-tempel in Indië oorleef het.

Babiya die krokodil het vir byna 80 jaar in die meer by die Sri Ananthapadmanabha Swamy-tempel in die suidelike deelstaat Kerala geskuil en die tempel “bewaak”, sê Ramachandran Bhat, die tempel se sekretaris.

Die reptiel is Maandag leweloos in die meer gevind nadat hy na bewering vir 'n paar dae nie geëet het nie.

Die tempel, wat aan die Hindoe-god Vishnu opgedra is, is 3000 jaar oud en word al eeue lank deur 'n enkele “heilige” krokodil beskerm.

“Die laaste heilige krokodil is in die 1940s deur die Britse weermag doodgeskiet en daarna het Babiya in die meer verskyn,” sê Bhat.

“Ons kan nie sê waar dit vandaan kom nie, maar die meer is met ondergrondse grotte verbind.”

Babiya is as heilig beskou omdat hy nooit 'n ander dier of mens aangeval het nie - insluitend kinders wat na die rand van die meer gebring is om aan die reptiel te raak om só sy seëninge te verkry.

Baie het geglo die krokodil het oorleef op prasadam (heilige porsies rys) en jaggery (onverfynde suiker) wat deur die tempelpriesters geseën is. Bhat sê hy staan nie by bewerings "dat hy van visse in die meer geleef het nie".

Die skubberige karkas is met blomme versier en geseën voordat dit deur die skare roubeklaers op 'n bed van klapperblare na sy graf op die tempelterrein geneem is.

Indië se minister van landbou, Shobha Karandlaje, het bevestig dat Babiya 'n vleislose dieet gehad het, en het in 'n twiet gesê dat "die God se eie krokodil" verlossing ontvang het. 

eNCA

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.