On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Agriculture

Verwagte mielie-oes onveranderd, koringopbrengs laer geskat

───   14:46 Wed, 27 Nov 2024

Verwagte mielie-oes onveranderd, koringopbrengs laer geskat | News Article
Foto: Getty Images

Die Oesskattingskomitee het sy jongste verslag oor die kommersiële mielie- en wintergewasvoorspellings vir die 2024-seisoen vrygestel.

Kommersiële mielies:

Die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes bly onveranderd op 12,724 miljoen ton, met ’n gemiddelde opbrengs van 4,83 ton per hektaar. Hierdie oes is 22,56% (3,706 miljoen ton) minder as 2023 se oes.

Die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes sal na verwagting saam 79% van die totale oes lewer.

Witmielies:

  • Produksieskatting: 6,007 miljoen ton
  • Oppervlakte: 1,555 miljoen hektaar
  • Opbrengs: 3,86 t/ha

Geelmielies:

  • Produksieskatting: 6,717 miljoen ton
  • Oppervlakte: 1,082 miljoen hektaar
  • Opbrengs: 6,21 t/ha

Ander somergewasse:

Sonneblomsaad:

  • Produksieskatting: 635 750 ton 
  • Oppervlakte: 529 000 ha
  • Opbrengs: 1,20 t/ha

Sojabone:

  • Produksieskatting: 1,840 miljoen ton (op met 0,61%)
  • Oppervlakte: 1,151 miljoen ha
  • Opbrengs: 1,60 t/ha

Grondbone:

  • Produksieskatting: 51 745 ton
  • Ooppervlakte: 41 200 ha
  • Opbrengs: 1,26 t/ha

Sorghum:

  • Produksieskatting: 97 810 ton (op met 2,07%)
  • Oppervlakte: 42 100 ha
  • Opbrengs: 2,32 t/ha

Droëbone:

  • Produksieskatting: 50 495 ton
  • Oppervlakte: 39 550 ha
  • Opbrengs: 1,28 t/ha

Wintergewasse:

Koring:

Die verwagte produksie vir koring is hersien na 1,940 miljoen ton, wat 1,27% (24 960 ton) minder is as die vorige skatting. Die gemiddelde opbrengs word geskat op 3,84 t/ha.

  • Wes-Kaap: 1,104 miljoen ton (57% van totale produksie)
  • Noord-Kaap: 285 000 ton (15%)
  • Vrystaat: 222 950 ton (11%)

Die koringoppervlakte beloop 505 300 ha, met 73% hiervan in die Wes-Kaap.

Gars:

  • Produksieskatting: 371 535 ton (af met 3,51%)
  • Oppervlakte: 100 700 ha
  • Opbrengs: 3,69 t/ha

Kanola:

  • Produksieskatting: 295 445 ton (op met 0,09%)
  • Oppervlakte: 165 750 ha
  • Opbrengs: 1,78 t/ha

Hawer en lupiene:

  • Hawer: 56 300 ton, oppervlakte: 31 000 ha, opbrengs: 1,82 t/ha
  • Soetlupine: 19 200 ton, oppervlakte: 16 000 ha, opbrengs: 1,20 t/ha

Toekomstige skatting:

Die vyfde skatting vir wintergewasse word op 19 Desember 2024 verwag. Die voorlopige oppervlakteskatting vir somergewasse vir 2025 sal op 28 Januarie 2025 bekend gemaak word.

OFM Agri cg


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.