On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

‘Skokkend hoeveel mense voedselonsekerheid ervaar’ – Steenhuisen

───   ROBYN SCHUTTE 09:20 Tue, 15 Oct 2024

‘Skokkend hoeveel mense voedselonsekerheid ervaar’ – Steenhuisen | News Article
Luidens ’n verslag deur die HSRC is dringende ingryping nodig om gesondheid en voeding vir alle burgers te verbeter. Foto: iStock

Suid-Afrika het nog baie werk om te doen om voedsel- en voedingsekerheid vir meer huishoudings te verseker.

Landbouminister John Steenhuisen het gereageer oor die Nasionale Voedsel- en Voedingsekerheid-opname wat deur die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (HSRC) gedoen is.

In reaksie op die verslag, het hy sy kommer uitgespreek oor die omvang van voedselonsekerheid regoor Suid-Afrika. “Dit was skokkend om te sien hoeveel mense regoor die land voedselonsekerheid ervaar. Veral die statistieke oor kinderondervoeding en vetsug was opvallend.”

Luidens die verslag is daar steeds te veel mense wat honger gaan slaap, insluitend kinders wat sonder ontbyt skool toe gaan, en volwassenes wat nie genoeg kos het om produktief by die werk te wees nie.

“Hoewel voedsel in sekere gevalle wel beskikbaar is, is die kwaliteit en balans van dié kos nie op standaard nie. Te veel mense kry nie elke dag ’n gebalanseerde dieet nie.”

Die verslag beklemtoon dat die kwessie van voedselonsekerheid steeds een van die grootste uitdagings vir Suid-Afrika is. Dringende ingryping is nodig om gesondheid en voeding vir alle burgers te verbeter.

OFM Agri/Robyn Schutte cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.