On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

‘Blou Bybel’ bring nuwe riglyne vir finansiële bestuur in landbou

───   ROBYN SCHUTTE 05:00 Wed, 09 Oct 2024

‘Blou Bybel’ bring nuwe riglyne vir finansiële bestuur in landbou | News Article
Van links na regs: Louis van Ravesteyn, hoof van landboubesigheid by Standard Bank Groep; dr Danie Jordaan, lektor in landbou-ekonomie aan die Universiteit van Pretoria; Dr Kholofelo Thobejane van VKB Groep; dr Melissa van der Merwe, dosent in die departement landbou-ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch; en Wandile Sihlobo, hoofekonoom by Agbiz, vergader om vooruitgang in landbou-onderwys en finansies te bespreek. Foto: Verskaf/Standard Bank

“Dit bevat ook temas soos volhoubaarheid, klimaatverandering en transformasie wat noodsaaklik is vir ’n breër begrip van die landboubedryf.”

Die jongste uitgawe van Finance and Farm Management, ’n gesogte handleiding wat dikwels in die landboukringe as die “Blou Bybel” bekendstaan, het drie hooftemas bygevoeg: volhoubare landbou, wetlike vereistes en menslikehulpbronnebestuur op plase.

Brendan Jacobs, hoof van landboubesigheid by Standard Bank Suid-Afrika, vertel hierdie sewende uitgawe van die werk sedert 1981 bied ’n paar nuwe elemente wat veral vir studente en bedryfsleiers van groot belang is. 

“Volhoubare landbou is deesdae ’n onmisbare komponent in die bedryf, en wetgewing en menslikehulpbronnebestuur word dikwels oor die hoof gesien, veral op groter plase,” sê hy.

Wandile Sihlobo, hoofekonoom van Agbiz het twee hoofstukke bygedra en verduidelik dat die boek oor die jare heen verbeter het. “Toe ek as student hierdie boek gebruik het, was dit grootliks toegspits op plaasbestuur en begroting. Vandag bevat dit ook temas soos volhoubaarheid, klimaatsverandering en transformasie wat noodsaaklik is vir ’n breër begrip van die landboubedryf.”


Die boek is nie net bedoel vir studente nie, maar dien ook as ’n waardevolle hulpmiddel vir die opgradering van vaardighede in Standard Bank se eie geledere. “Ons het verskeie interne opleidingsfasiliteite en -programme … om ons werknemers landwyd te bemagtig,” sê Jacobs. ’n Opleidingsplatform is bekendgestel wat baie van die boek se inhoud inkorporeer.

Standard Bank beskou landbou as ’n lewensbelangrike sektor in die strewe na voedselsekerheid en werkskepping, en volgens Jacobs speel die bank ’n groter rol in die landelike ekonomie. “Ons beskou onsself as ’n landboubank en omtrent ’n derde van ons leningsportefeulje in Suid-Afrika is toegespits op die landbousakesektor.”

Waardevolle insette

Jacobs gee spesiale erkenning aan twee individue wie se bydraes die laaste afgelope dekades groot impak gehad het. Mariette Geyser van die Noordwes-Universiteit en prof. André Louw van die Universiteit van Pretoria het deurlopend waardevolle insigte verskaf. 

Louw, wat uit die staanspoor betrokke is, is tydens die onlangse bekendstelling in Sandton vereer vir sy lewensbydrae tot die landboubedryf.

OFM Agri/Robyn Schutte mc/cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.