On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Gerben
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

‘Groen horisonne’: AgriSA vier 120 jaar met kongres in Kaapstad

───   ROBYN SCHUTTE 05:00 Tue, 08 Oct 2024

‘Groen horisonne’: AgriSA vier 120 jaar met kongres in Kaapstad | News Article
Kaapstad is gasheer vir AgriSA se jaarkongres en 120-jarige bestaansvieringe.

“Dit is vir ons ’n groot jaar om saam met soveel mense in die landbou te vier.”

Kaapstad sal vandeesweek (9–10/10) die gasheer wees vir AgriSA, wat vanjaar sy 120ste bestaansjaar vier. Die tema van sy jaarkongres, “Green Horizons”, is gemik op die toekoms van landbou en die impak daarvan op die wêreldekonomie.

Vanjaar is besonders, veral gegewe die huidige uitdagings in die landbousektor, sê Johann Kotzé, uitvoerende hoof. Die kongres is nie net ’n viering van hul ryk geskiedenis is nie, beklemtoon hy, maar ’n geleentheid om vooruit te kyk. “Dit is vir ons ’n groot jaar om saam met soveel mense in die landbou te vier.”

Oor die keuse van Kaapstad as gasheerstad sê Kotzé dis betekenisvol omdat die kongres in die ou graansilo’s, nou bekend as die kunsgalery Zeitz Mocaa, gehou word. Hierdie gebou is oor die 100 jaar oud en simboliseer die historiese rol wat landbou in die vestiging van Suid-Afrika gespeel het.

‘As landbouers het ons ’n groot verantwoordelikheid in toekoms van SA’

“Ons glo dat die toekoms groen is, wat beteken dat landbou ’n sleutelrol sal speel in die voorsiening van voedsel aan ’n groeiende wêreldbevolking.” Vooruitskattings toon juis die wêreldbevolking kan teen 2050 tot 10 miljard styg, van wie 68% in stede sal woon. Dit stel groot uitdagings aan die sektor, wat reeds ’n kritieke rol in voedselvoorsiening en armoedeverligting speel.

Die kongres wil ’n platform bied om praktiese oplossings te vind vir die uitdagings wat voorlê. Deur die konsep van groen horisonne visueel te maak en terug te bring na Suid-Afrikaanse boere hoop Agri SA om die landbousektor te versterk en voor te berei vir ’n volhoubare toekoms.

‘Hierdie kongres moet bewusmaking skep van landbou se onmisbare rol’

“Ons as landbouers het ’n groot verantwoordelikheid in die toekoms van Suid-Afrika en die wêreld. Hierdie kongres moet bewusmaking skep van die onmisbare rol wat landbou speel in die eenheid van ons land en in die stryd teen armoede.”

Kotzé glo landbou het die potensiaal om ’n nasionale bate vir Suid-Afrika te word. “Agri SA hoop dat hierdie kongres ’n herlewing in die denke oor die rol van landbou sal aanwakker.”

OFM Agri/Robyn Schutte cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.