On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Agriculture

Graanprodusente blink uit ten spyte van moeilike jaar

───   08:08 Sun, 29 Sep 2024

Graanprodusente blink uit ten spyte van moeilike jaar | News Article
Grow for Gold-wnners. Foto: Graan SA

“Hierdie kompetisie gaan oor die hoogste opbrengs, maar dit beklemtoon ook watter boere in droogtejare bo die gemiddelde kan presteer.”

Graanprodusente van die sentrale streek het ook geskitter tydens die Grow for Gold-opbrengskompetisie, ondanks die droogte wat baie oeste gekelder het.

Die kompetisie het steeds boere gelok wat daarin geslaag het om indrukwekkende opbrengste te lewer. “Om graanopbrengste van 130% tot 210% hoër as die nasionale gemiddelde te behaal in ’n droogtejaar, is geen geringe prestasie nie,” het Corné Louw, hoof van toegepaste ekonomie by Graan SA, tydens die prysuitdeling in Johannesburg gesê.

“Hierdie kompetisie gaan oor die hoogste opbrengs, maar dit beklemtoon ook watter boere in droogtejare bo die gemiddelde kan presteer.” Louw het genoem hoewel 25% minder boere as die vorige seisoen deelgeneem het – met 72 inskrywings – dit steeds ’n indrukwekkende deelname is.


Die Groei vir Goud-kompetisie, wat voortgespruit het uit Pioneer se Weeg en Wen-kompetisie, vier vanjaar sy vyfde bestaansjaar. Sedert die begin van die kompetisie is altesaam 368 inskrywings oor vyf jaar ontvang. “Ons is veral dankbaar vir die ondersteuning van saadmaatskappye, aangesien baie van die inskrywings deur hulle aangemoedig word.”

Die opbrengste het weer eens die groot potensiaal van Suid-Afrikaanse gewasse beklemtoon. Mielie-opbrengste was 160% tot 190% hoër as die nasionale gemiddelde, terwyl sojabone 130% tot 210% hoër was. Sonneblom, wat hierdie seisoen besonder goed presteer het, het opbrengste van 140% tot 190% bo die nasionale gemiddelde gelewer.

Die kompetisie het vanjaar ook ’n nuwe kategorie ingesluit: koring. Dit was die eerste keer dat koring deel was van die kompetisie, met inskrywings wat hoofsaaklik uit besproeiingsgebiede en die Wes-Kaap gekom het.

Die wenners van Sentraal SA is as volg:

Mielies

  • Oos-Vrystaat: Johan Scheepers, Fouriesburg – 12,298 t/ha (Pioneer 33H58BR)
  • Noordwes: Janna du Rand, Mareetsane – 9,776 t/ha (Pannar PAN 5R-891BR)
  • Watertafel: Jan Botma, Bothaville – 12,459 t/ha (Bayer DKC76-77BR)

Sojabone

  • Oos-Vrystaat: Daniel Slabbert, Bethlehem – 3,710 t/ha (Agricol DM 5953 RSF)
  • Sentraal: Viljee Crous, Kroonstad-Kroonpark – 5,030 t/ha (DM6.8iRR)
  • Noordwes: PG van Zyl, Schweizer-Reneke – 4,720 t/ha (Pioneer P64T39R)
  • Watertafel: Kobus Grobbelaar, Bothaville – 6,124 t/ha (Agricol DM 6.8iRR)

Sonneblom

  • Graanopbrengs: Stompie Olivier, Potchefstroom – 4,472 t/ha (Pannar PAN7180CLP)
  • Olie-opbrengs: Danus van Zyl, Leeudoringstad – 4,147 t/ha (Agricol AGSUN 5270)

Koring

  • Besproeiing Suidelike streek: Hilton Megawe, Douglas – 11,190 t/ha (Sensako SST 8205)

OFM Agri cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.