On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Stadig oor die klippe: Prior Grange bou voort op ryk geskiedenis

───   07:23 Wed, 25 Sep 2024

Stadig oor die klippe: Prior Grange bou voort op ryk geskiedenis | News Article
Prior Grange naby Springfontein. Foto verskaf

Volgens Stephen de Swardt is ‘Grange’ soos ’n opstal, “soortgelyk aan hoe ’n fontein gebruik word in plekname soos Kuilfontein”.

Shandor Potgieter, OFM-omroeper, besoek plase in Sentraal-Suid-Afrika om agter die kap van die byl te kom van plase se ryk erfenis en unieke tradisies. Om plase, hulle name en die storie agter die name te verken, is OFM se opwindende nuwe reisavontuur se doel, spesiaal vir September, oftewel, Erfenismaand.

Ongeveer halfpad na oral in Suid-Afrika, net ’n paar kilometer van die groot Noord-Suid N1-hoofweg by Springfontein in die Vrystaat, lê die historiese plaas Prior Grange. 

Die plaas is sedert 1860 in familiebesit en is vernoem na die tweede eienaar, Joshua Prior II, wat hierdie gedeelte van die plaas in 1895 van sy vader geërf het. Joshua se suster, Lucy, het ná die Anglo-Boereoorlog die grond gekoop en tot 1947 geboer, waarna sy dit aan haar kleinneef, Louis Wilmot, verkoop het.

Louis het die merinoboerdery uitgebrei en met sy vrou, Jean, ’n pragtige opstal en Engelse tuin gevestig. In 1985 het hul dogter, Sheryl, en haar man, Blackie de Swardt, die boerdery oorgeneem en in 1995 die eerste gastekothuis oopgemaak.

Sedertdien het nog vyf kothuise gevolg, waarvan drie in die tuin is en twee langs die krieketveld. Blackie en Sheryl se seun, Stephen, het in 2010 aangesluit om die familieboerderytradisie voort te sit.

Die museum op die plaas. Foto verskaf

Volgens Stephen is ‘Grange’ soos ’n opstal, “soortgelyk aan hoe ’n fontein gebruik word in plekname soos Kuilfontein”.

Die plaas het ’n ryk geskiedenis wat verband hou met die Anglo-Boereoorlog. Stephen verduidelik: “Ons het ’n gerestoureerde Boereoorlog-blokhuis en ’n museum op die plaas. My pa, Blackie de Swart, het oor die jare ’n groot liefde vir die Boereoorlog ontwikkel. Hy het die blokhuis ontdek en begin restoureer, en so het mense begin om vir hom memorabilia te bring.” Van die hoogtepunte van die museum sluit in twee gewere wat in die Boereoorlog gebruik is. “Hulle is seker die kosbaarste goed wat ons daar het.”

Hier is ook krieketvelde. Foto verskaf

Een van die ander unieke trekpleisters op Prior Grange is die krieketveld wat in 1998 opgerig is. “In die middel negentigs het my pa en sy vriende besluit om die veld plaas toe te skuif. Nou is dit ’n groot gesinsuitstappie.”

Die plaas bied elke Oktober ’n ses-’n-kant-kriekettoernooi aan. “Dis ’n lekker kuier-familie-uitstappie,” sê Stephen, en voeg by dat daar nog plek beskikbaar is vir spanne om in te skryf. “Jy kort net vyf pelle, en dan kan jy jou span inskryf.”

• Moenie die volgende episode van dié reisavontuur misloop nie.

OFM cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.