On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Sal 2024/25-seisoen ’n hersteltydperk wees?

───   14:24 Tue, 24 Sep 2024

Sal 2024/25-seisoen ’n hersteltydperk wees? | News Article
Foto: Getty Images

“Daar is hoop dat die 2024/25-seisoen ’n hersteltydperk kan wees.”

Produsente sal waarskynlik teen middel Oktober die grond voorberei vir die somergraan- en oliesaadproduksieseisoen van 2024/25. En, met verskille in aanplanttyd, hoofsaaklik bepaal deur die reënvalpatrone in die verskillende streke, sal die westelike dele oudergewoonte in November begin.

“Die weer sal gedurende die seisoen ’n sleutelfokus bly vir alle rolspelers in die landbousektor, veral ná die uitdagende 2023-24 seisoen wat groot oesverliese veroorsaak het,” vertel Wandile Siholobo, landbousakekamer Agbiz se hoofekonoom.

Volgens die jongste syfers van die Oesskattingskomitee het die someroes vir 2023/24 met sowat 22% gedaal na 15,69 miljoen ton in vergelyking met die vorige jaar.

“Daar is egter hoop dat die 2024/25 seisoen ’n hersteltydperk kan wees. Internasionale weersvoorspellers voorspel ’n La Niña vanaf Oktober 2024 tot April 2025. Hierdie weerpatroon bring gewoonlik bo-gemiddelde reënval vir Suid-Afrika en die hele suidelike Afrika-streek.”

Siholobo sê die kritieke periode vir reënval in Suid-Afrika se somergraan- en oliesaadstreek is tussen Oktober en einde Februarie, wat die aanplant- en bestuiwingstyd dek. “Ná bestuiwing is reën steeds belangrik, maar die opbrengs kan steeds redelik wees, selfs met minder reën daarna.”

Die komende maande sal dus deurslaggewend wees vir die herstel van die landboubedryf en hopelik ’n positiewe opbrengs vir 2024/25 lewer.

OFM Agri cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.