On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Bek-en-klouseer: Oos-Kaap inentings begin

───   13:19 Tue, 02 Jul 2024

Bek-en-klouseer: Oos-Kaap inentings begin | News Article
Foto: Getty Images

“Aan die res van die boere in die land wil ons net sê, handhaaf asseblief julle bioveiligheidsmaatreëls. Doen alles wat julle kan om die verspreiding van hierdie virus te stop en dit weg te hou van julle plaashekke.”

Die Melkprodusente-organisasie (MPO) verwelkom Vrydag (28/6) se aankondiging deur die Departement van Landbou dat vrywillige inentings binne ’n 10 kilometer radius van ’n bek-en-klouseer uitbrekingspunt toegelaat sal word.

Fanie Ferreira, uitvoerende hoof van MPO, vertel sedert die aankondiging gemaak is, het hulle saam met privaat veeartse in die omgewing gewerk om ’n kaart saam te stel en die nodige papierwerk gereed te kry wat by die departement ingedien is, sodat inentings so gou moontlik kan gedoen word. Staatsveeartse en tegnici is ook aan die area toegewys om met die veldtog te help.

“Aan die boere wat deur bek-en-klouseer geraak word, wil ons net sê dat ons aan julle dink. Ons weet julle gaan deur ’n baie moeilike tyd. Ons wil julle verseker dat die MPO alles in sy vermoë doen om julle te help, en ons hou julle in ons gebede,” sê Ferreira.

“Aan die res van die boere in die land wil ons net sê, handhaaf asseblief julle bioveiligheidsmaatreëls. Doen alles wat julle kan om die verspreiding van hierdie virus te stop en dit weg te hou van julle plaashekke.”

Die departement het in Junie ’n dringende beroep op alle veeboere en eienaars in Suid-Afrika gedoen om die beweging van gesplete hoefdiere te beperk. Dit ná ’n uitbreking van bek-en-klouseer op vyf plase, spesifiek in die omgewing van Humansdorp en Oos-Londen, geïdentifiseer is.

Die uitbreking is die eerste keer op 30 April aangemeld. Verdere ondersoeke het die teenwoordigheid van die siekte op vier ander plase in Humansdorp én ’n plaas in Oos-Londen gevind. Die Onderstepoort Veeartsenykundige Navorsingslaboratorium in Pretoria het die diagnose bevestig, en die SAT3-stam van die virus deur middel van serologie en PCR-toetse geïdentifiseer.  

OFM Agri mvh

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.