On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Agriculture

Vrystaat Landbou waarsku oor brandgevare

───   18:38 Wed, 03 Jul 2024

Vrystaat Landbou waarsku oor brandgevare | News Article
’n Brand naby Winburg in 2023. Foto: verskaf

Lede van die publiek word versoek om bedagsaam te wees en nie tot die brandgevaar by te dra nie.

Vrystaat Landbou (VL) het ’n dringende beroep op boere in die provinsie gedoen om tydige maatreëls te tref vir die voorkoming van veldbrande. Kempen Nel, voorsitter van VL se Natuurlike Hulpbronne-komitee, het beklemtoon dat die Vrystaat se goeie grasbedekking tans  brandstof vir veldbrande verskaf.

Nel het gewaarsku dat die huidige weertoestande die risiko vir wydverspreide veldbrande verhoog. “Vrystaat Landbou is besig om met grondvlakstrukture te skakel om die nodige voorsorgmaatreëls te tref.”

In Februarie vanjaar, tydens droogtetoestande, was daar alreeds ’n groot brandgevaarrisiko. Die laat reën het dié bedreiging geneutraliseer, maar nou is veldbrande weer ’n groeiende risiko. As deel van die voorbereidingsproses het die Agri Relief Foundation onlangs 35 blasers aan VL-strukture geskenk wat aan landbouverenigings beskikbaar gestel sal word. “Die landbousektor is baie dankbaar vir hierdie skenking.”

'n Man staan in die voorgrond terwyl die veld brand.

’n Brand by Bultfontein in Maart vanjaar. Foto: verskaf.

Brandbeskermingsverenigings (BBV’s) het reeds hul brandplanne by die Departement van Omgewingsake en Bosbou ingedien. ’n Vergadering met die Nasionale Departement het op 27 Junie in Bloemfontein plaasgevind.

Lede van die publiek en kontrakteurs word versoek om bedagsaam te wees wanneer hulle deur die platteland ry. Hulle moet nie tot die brandgevaar bydra deur oop vure te maak of met toerusting in die veld te werk wat vonke kan veroorsaak nie, aangesien dit tot veldbrande kan lei.

OFM Agri cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.