On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Faktore wat bydra tot die mislukkig van grondherverdeling

───   ELSABÉ RICHARD 15:30 Fri, 24 Nov 2023

Faktore wat bydra tot die mislukkig van grondherverdeling | News Article
Foto: Demetra Gerontakis/Pexels.

Gemeenskappe en beleggers wil 'n versekering kry dat die bates of die grond wat oorgedra is, werklik verantwoordelik, eties en op 'n deursigtige wyse bestuur word, sê Setou.

Goeie bestuur, veral onder kommunale eiendomsverenigings (KEV) of grondeienaarstrusts, is een van die belangrikste hoekstene vir grondhervorming aangesien dit 'n deurslaggewende rol speel om beleggers te lok. Dit stel begunstigdes ook in staat om hul grond produktief te gebruik.

Dit is die antwoord wat Peter Setou, uitvoerende hoof van Vumelana Advisory Fund, 'n organisasie sonder winsoogmerk, gegee het op die vraag: Wat is van die uitdagings met die algehele bestuur van herstelde grond?

Setou sê die probleem in Suid-Afrika is dat te veel klem gelê word op grondherverdeling en te min begunstigdes ontvang ondersteuning. Dit lei gevolglik tot grond, wat die potensiaal het om by te dra tot voedselsekerheid en die land se ekonomie, wat ongekultiveerd en nie produktief is nie.

Land Redistribution for Agricultural Development/South African Government website.

Gemeenskappe en beleggers wil 'n versekering kry dat die bates of die grond wat oorgedra is, werklik verantwoordelik, eties en op 'n deursigtige wyse bestuur word, sê Setou. Dit sal beleggers die versekering gee dat dit waarin hulle belê vrugte sal afwerp.

Wat tot mislukking van grondherverdeling lei

“Ons ervaring as Vumelana was waar daar byvoorbeeld ’n gebrek aan deursigtigheid is [deur KEV's], daar geen finansiële state is nie en daar geen beleide en prosedures is om die sake van die KEV te bestuur nie.

"Daar is ook geen riglyne oor hoe winste hanteer sal word nie of gedeel of hoe gewone lede sal baatvind nie. Geen terugvoer word in algemene vergaderings, ensovoorts, verskaf nie. 

"Dit skep 'n federale grond vir meningsverskille en binnegevegte tussen die gemeenskappe, wat dikwels lei tot die vernietiging van bates.”

Mislukkings van herverdeelde plase 

Setou skryf wydverspreide mislukkings van plase wat aan begunstigde toe aan die volgende:

  • Onvoldoende aandag word gegee aan ernstige aspekte en belangrike aspekte van na-vestigingsondersteuning.

"Na-vestigingsondersteuning is werklik 'n deurslaggewende element van omvattende grondhervorming, maar dit het nie die nodige aandag en hulpbronne gekry wat dit verdien nie. 

"Gevolglik bevind baie begunstigdes hulself in 'n penarie aangesien hulle die grond besit, maar nie die hulpbronne en die ondersteuning het om dit doeltreffend te benut nie. Dit lei dikwels tot onproduktiewe gebruik van die grond," verduidelik Setou.

Luister na die volledige gesprek tussen Setou en OFM Nuus se Tshehla Koteli:

OFM Nuus/Elsabé Richard-May   Daphné

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.