On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Sonneblomgewas speel nié tweede viool nie

───   ELSABÉ RICHARD 14:37 Thu, 09 Nov 2023

Sonneblomgewas speel nié tweede viool nie | News Article
Foto: Je Lena/Pexels

"[Dit] is egter allermins ’n afskeepgewas."

Die sonneblomgewas se verdraagsaamheid vir lae sowel as hoë temperature maak dit aanpasbaar by verskillende omgewingstoestande. 

Dit het nie net die vermoë om droogtetoestande beter te hanteer nie, maar kan ook in die komende seisoen, in die lig van voorspellings dat El Niño laer as gemiddelde reënval gaan veroorsaak, voordelig wees vir produsente wat hul opsies oorweeg.

“Baie Suid-Afrikaanse graanboere beskou sonneblomme dikwels as ’n tweedevioolgewas in plaas daarvan dat hulle dit as dié ster van hul boerdery behandel. [Dit] is egter allermins ’n afskeepgewas," sê Muntingh Hamman, bemarkingsbestuurder (rygewasse Weste) by  Syngenta.

Sonneblom op gelyke voet met ander gewasse

Hamman sê die feit dat sonneblomme meer aanpasbaar is in droër toestande, in kombinasie met laer insetkoste, betroubare markpryse én ’n opsie om ‘n premie te beding vir olie-inhoud, is dit ’n gewas wat op gelyke voet met ander graangewasse kan kompeteer.

Rusland-Oekraïne konflik 

Die onrus in Oekraïene weens Rusland se inval in Februarie 2022, het tot gevolg gehad dat die prys van sonneblom die hoogte inskiet. Dit is omdat beide Oekraïne en Rusland twee van die wêreld se grootste sonneblomproduseerders en -uitvoerders is.

Volgens Hamman het landbou in daardie oorlog-geteisterde streek intussen tot ’n mate gestabiliseer. Teen middel-Oktober vanjaar het sonneblomgraan sowat R9 000/ton verhandel. 

' ’n Groot bron van onbenutte potensiaal is egter die premie wat produsente kan verdien vir sonneblomgraan met ’n hoë olie-inhoud.'

"Alhoewel dit heelwat laer is as die R12 000/ton waar die prys gedraai het, is sonneblom steeds ’n opsie wat oorweeg kan word aangesien sojabone, wat gewoonlik bo sonneblom verkies word, nie beduidend hoër pryse haal nie," verduidelik Hamman.

Hy wys daarop dat die verskil in markprys opgeweeg moet word teen die laer insetkostes, en veral die feit dat sonneblomme die antwoord kan wees vir graanproduksie onder droër toestande. 

OFM Nuus/Elsabé Richard-May

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.