Agriculture
Landbounuus: Rioolstortings bedreig inkomste van groenteprodusente langs Vaalrivier─── ELSABÉ RICHARD 13:30 Tue, 26 Sep 2023

Groenteprodusente en ander boere wat afhanklik van besproeiing uit die Vaalrivier, se inkomste word bedreig deur rioolstortings.
Rou riool is verlede week by Bloemhof in die rivier gestort deur die plaaslike uitvalwerke. VF Plus-raadslid Albert Nel sê blykbaar kan dié aanleg weens instandhouding- en kapasiteitsprobleme nie Bloemhof se riool doeltreffend kan verwerk nie.
Na raming is sowat 20% van voëlgriep-geaffekteerde pluimvee tot dusver van kant gemaak is. Die virus hou groot finansiële gevolge in vir produsente en verbruikers.
Intussen wek uitbrake van die hoogs patogene voëlgriep H5 en H7 kommer in die pluimveebedryf. Teen Donderdag is altesaam 50 gevalle van die H7 en 10 gevalle van die H5-stam aangemeld. Landboudepartement-woordvoerder Reggie Ngcobo sê Noordwes het twee uitbrake en die Vrystaat een.
Namakwaland se riviere kom mooi af danksy goeie reën. Die neerslae het egter ook paaie oorstroom op talle plekke in die distrik en tot talle verspoelings geli.
EN ... Mielie-uitvoer na China help om oortollige voorrade uit die plaaslike mark te laat vloei. Graan SA berig dié uitvoere beskerm ook die pryse wat plaaslike produsente vir graan ontvang. China is ’n groot rolspeler in internasionale markte, en voer ongeveer 11,3% van die wêreld se mielievoorraad in.