Agriculture
Agri-uur: Jongste Safex-nuus─── 08:10 Thu, 21 Sep 2023

Foto deur Sandy Rojas/Pexels.
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
- Die CBOT-mieliekontrakprys het sedert Woensdag verhandel teen ‘n opwaartse tendens, wat ongeveer 1,02% hoër as die vorige verhandelingsdag was.
- In die Noordelike Halfrond nader die VSA die oesfase van produksie, terwyl die Suidelike Halfrond besig is om voor te berei vir die aanplant van die 2023/24-oes. Die mark sal Suid-Amerika fyn dophou oor die volgende paar weke.
- Die binnelandse mieliekontrakte het Woensdag met ‘n effense opwaartse tendens verhandel. Die plaaslike nabymaand witmieliekontrak vir lewering in September met R71/ton (+1,81%) geklim en teen R4 000/ton gesluit.
- Die plaaslike nabymaand geelmieliekontrak het vir lewering in September 2023 met R42/ton (+1,10%) geklim en teen R3 854/ton gesluit.
- Tans neig die nabymaand geelmieliekontrak effens onder die Brasiliaanse (- R17/ton); Argentynse (R281/ton) en Amerikaanse uitvoerpariteit (R130/ton) na Randfontein.
Sojabone:
- Die CBOT-sojaboonkontrakprys het sedert Woensdag verhandel teen ‘n marginale afwaartse tendens van ongeveer 0,09% laer as die vorige verhandelingsdag.
- Die aanplanting van Brasilië se sojaboonoes het vroeg in September begin en het 0,4% voltooi bereik teen 17 September teenoor 0,16% op dieselfde punt verlede jaar.
- Die binnelandse sojaboonkontrakte het Woensdag met effense opwaartse tendense verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in September 2023 met R18/ton (+0,19%) geklim en teen R9 455/ton gesluit.
- Die Maart 2024-kontrak het met R25/ton geklim en teen R9 465/ton.
- Tans neig die nabymaand sojaboonkontrak bo die Brasiliaanse (+ R477/ton) en Amerikaanse uitvoerpariteit (+ R183/ton) na Randfontein. Dié kontrak neig egter ook onder die Argentynse uitvoerpariteit (+ R6/ton).
Koring:
- Die CBOT-koringkontrakprys het sedert Woensdag verhandel teen ‘n effense afwaartse tendens van ongeveer 1,22% laer as die vorige verhandelingsdag.
- Die binnelandse koringkontrakte het Woensdag met skerp opwaartse tendense verhandel.
- Die plaaslike koringmark het vir lewering in September 2023 met R112/ton (+1,62%) geklim en teen R7 005/ton gesluit.
- Die Desember 2023-kontrak het met R1/ton geklim en gesluit teen R6 260/ton.
- Tans is die nabymaand koringkontrak die naaste aan die Amerikaanse invoerpariteit na Durban (- R47/ton). Dit neig egter ver bo die Argentynse- (R241/ton), Duitse- (R1 263/ton) en Russiese invoerpariteit (R1 437/ton).
Vir meer inligting oor die huidige kommoditeits mark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.
OFM Nuus