Agriculture
Noordwes-boere benodig voerskenkings─── ELSABÉ RICHARD 14:05 Fri, 15 Sep 2023
Veldbrande in Sentraal-Suid-Afrika kom gedurende 'n tyd waar goeie reën die afgelope jare gelei het tot weivelde gevul met gras en bossies vir diere.
Willie Geldenhuys, voorsitter van die Perdeberg Boerevereniging buite Kimberley, sê boere benodig ook voer vir hul vee. Hoewel die omgewing jaarliks onder veldbrande gebuk gaan, is hulle bekommerd dat die veld nie weer gaan herstel nie.
Dit is nog onseker wat die veldbrande die afgelope naweek in die Perdeberg-omgewing veroorsaak het.
Uiterste hoë brandgevaarindeks-waarskuwings
Veldbrande in Sentraal-Suid-Afrika kom voor nadat goeie reën die afgelope jare gelei het tot weivelde gevul met gras en bossies vir diere, wat egter nou deur brande verwoes is.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens en plaaslike sambreelbrandbeskermingsverenigings het met die aanvang van die brandseisoen daagliks waarskuwings uitgestuur oor uiterse hoë brandgevaartoestande.
Inwoners, boere en motoriste word gereeld gemaan om nie op hierdie dae, wat gewoonlik gepaardgaan met winderige toestande, enige aktiwiteit uit te voer wat kan lei tot die ontstaan en versprei van veldbrande nie.
Donderdag 14 September se waarskuwing.
Wees deel van die plaaslike brandbestrydingspanne
Stoch én Breytenbach beklemtoon dikwels die belangrikheid vir boere om deel te word van brandbestrydingspanne, om seker te maak hulle en hul werkers is opgelei om brande te bestry en om seker te maak brandbestrydingtoerusting is gereed en werk.
Voorbrande en brandbane is ook uiters belangrik – dit moet vóór die brandseisoen as deel van voorbereiding gedoen word.
Grondeienaars, wat staatsinstellings insluit, kan dus aanspreeklik gehou word indien 'n brand op hul eiendom ontstaan en versprei na aangrensende eiendomme.
Indien 'n brand ontstaan, word inwoners aangeraai om die plaaslike brandweer te ontbied.
Skenkings
Voerskenkings kan by die betrokke landbou-organisasies gemaak word.
Vir Vrystaat Landbou se ramphulpfonds kliek hier.