On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Agriculture

NWK ploeg terug in gemeenskappe

───   17:00 Mon, 17 Apr 2023

Sponsored17:00 Mon, 17 Apr 2023
NWK ploeg terug in gemeenskappe | News Article

As Suid-Afrika se oudste landboumaatskappy, toon NWK 'n volgehoue strewe om terug te ploeg in die gemeenskappe waarbinne hy sake doen.

Korporatiewe Maatskaplike Verantwoordelikheid is iets wat NWK na aan die hart lê, veral wanneer dit kom by die opheffing van die jeug. OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kruger, gesels nou met Johan Bezuidenhout, groepbestuurder van Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie by NWK, om meer uit te vind.

Die maatskappy bly verbind tot medeverantwoordelikheid in die werksplek en gemeenskap as een van sy kernwaardes.

LEES OOK: Goeie graanopbrengste verwag - NWK

Die Covid-19-pandemie en gevolglike inperking het in 2020 en 2021 'n verwoestende impak op gemeenskappe gehad en die nadraai daarvan gaan nog vir etlike jare sigbaar wees. NWK kon nietemin daarin slaag om sy korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheidsprojekte sinvol aan te pak en deur te sien.
Die maatskappy is deeglik bewus daarvan dat vandag se jeug, môre se werknemer is en dra daarom by tot verskeie projekte wat hulle beywer vir kinders se onderrig.

In vennootskap met die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus, is NWK reeds 12 jaar lank betrokke by die Ikateleng (bemagtig jouself in Tswana)-projek. Leerkrag gee ekstra klasse in vakke soos Engels, wiskunde, fisiese wetenskappe en besigheidstudies aan leerlinge in gr. 10 tot 12. Leerlinge van die Ikateleng-projek se akademiese prestasie en kanse om toelating tot tersiêre onderrig te kry, verbeter drasties.  

NWK skenk ook jaarliks skootrekenaars aan die top 21 matrikulante in die Ditsobotla sub-distrik. NWK skenk ook jaarliks skootrekenaars aan die top 21 matrikulante in die Ditsobotla sub-distrik. Sedert die begin van die projek in 2013/2014 het 'n totaal van 187 leerders skootrekenaars ter waarde van meer as R1,7 miljoen ontvang.

Dan het NWK ook jaarlikse 'n skoolskoenprojek wat behoeftige laerskoolleerlinge met splinternuwe skoolskoene, mussies en kouse toerus. Meer as 5 000 leerlinge is al hierdeur bereik en vanjaar sal leerlinge in die Itsoseng- en Bodibe-gemeenskappe geprioritiseer word.

NWK se jaarlikse Grip4Charity gholfdag ten bate van behoeftige instellings soos ouetehuise is 'n hoogtepunt op sy verskaffers se kalender.

In 2022 is R290 000 onder twee ouetehuise verdeel wat danksy hierdie skenking nou broodnodige opknappings kan ondergaan. Daar is sedert die projek se ontstaan in 2016 al R2,4 miljoen aan 31 begunstigdes geskenk.

NWK ontferm hom graag oor diere en skenk sedert 2015/2016 maandeliks kos, medisyne en ander benodigdhede aan Lichtenburg Dierewelsyn. In Maart vanjaar was die maatskappy 'n hoofborg in 'n nagfietsresies ten bate van dié organisasie waartydens R65 000 en 1.65 ton kat- en hondekos ingesamel is.

NWK is tans besig met 'n grootskaalse projek waarvolgens 1 400km se grondpaaie na sy silokomplekse geskraap word, teen 'n koste van sowat R1,4 miljoen. Dit is nie net boere wat hul oeste hierheen moet vervoer wat hierby baat nie, maar ook plaaslike gemeenskappe wat daagliks hierdie paaie gebruik onderweg na skole en werksplekke.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.