On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Morné
Listen Live Streams

Agriculture

Hoe Suid-Afrika Brics vir landboubesigheid kan benut

───   ELSABÉ RICHARD 07:16 Tue, 04 Apr 2023

Hoe Suid-Afrika Brics vir landboubesigheid kan benut | News Article
FOTO: Ryan Baker (www.pexels.com/photo/shallow-focus-photography-of-yellow-lime-with-green-leaves-129574/)

Ten spyte daarvan dat Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika, ook genoem die Brics-lande, nie 'n handelsblok is nie, bied sy ekonomiese samewerkingsooreenkoms Suid-Afrika 'n strategiese platform om sy handelsbelange te bevorder.

Die Landbousakekamer van Suid-Afrika (Agbiz) se Wandile Sihlobo is van mening dat die plaaslike landbousektor kan baat by dié groepering, hoofsaaklik om uitvoer na China en Indië te bevorder.

Die vier lande maak 8% uit van Suid-Afrika se uitvoer, met China wat vir die meerderheid uitvoer (5%) verantwoordelik is, sê Sihlobo. 

LEES OOK: Wool industry heavily impacted by China’s ban on imports due to FMD

Die hoofbestuurder van Cape Wools SA, Deon Saayman, het voorheen met OFM-nuus gedeel dat die wolbedryf jaarliks sowat 45 miljoen kilogram wol produseer, en 80% daarvan word na China uitgevoer. Dit maak dié land die grootste handelsvennoot met Suid-Afrika wat wol betref. Daarmee genereer die Suid-Afrikaanse wolbedryf jaarliks sowat R6 miljard se uitvoerinkomste.

Volgens Sihlobo voer die Brics-lande reeds 'n aansienlike volume en waarde van landbouprodukte vanaf die wêreldmark in, en Suid-Afrikaanse ondernemings wil by hierdie verskaffers aansluit. 

Hy sê die belangrikste produkte wat Suid-Afrika binne hierdie groep behoort te bevorder is vrugte, wyn, wol en beesvleis.

ALSO READ: The growing export opportunities within the BRICS countries

Daar is 'n geleentheid vir Suid-Afrika om veral meer na Indië en Brasilië uit te voer. Sihlobo sê vóór Rusland se inval in Oekraïne was veral sitrus, appels, pere, druiwe en wyn die sleutelprodukte wat ons na daardie land uitgevoer het. 

"In Indië – wat ’n aantreklike mark is aangesien ons 'n baie beter aandeel daar behoort te hê– speel ons [ook] steeds 'n baie minimale rol, met Brasilië wat weglaatbaar klein is.

"Wat belangrik is, is dat die toenemende belangstelling in Brics moet voortduur terwyl Suid-Afrika ook op ander kernmarkte fokus, soos die Europese Unie (EU) en die Afrika-vasteland."

Sihlobo het voor verlede jaar se Brics-beraad in Junie, in China gesê die aantreklike markte binne hierdie groepering is China en Indië.

"Dit is omdat hulle verantwoordelik is vir groot landbou-invoervolumes, groeiende bevolkings het en omdat verbruikersmaak verander." 

Suid-Afrika is vanjaar die voorsitter van die Brics-beraad onder die tema, "Brics en Afrika: Vennootskap vir wedersyds versnelde groei, volhoubare ontwikkeling en inklusiewe multilateralisme."

Die vyftiende Brics-beraad vind van 22 tot 24 Augustus plaas.

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.