Agriculture
Goeie graanopbrengste verwag - NWK─── 11:36 Mon, 27 Mar 2023
Sponsored11:36 Mon, 27 Mar 2023OFM-inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Krüger, gesels met Martiens du Plessis, bestuurder van landbousisteme en -projekte by NWK, om meer uit te vind oor wat ons in terme van weerstoestande en die oesskatting kan verwag.
Du Plessis meen ten spyte van die swak reënvalverspreiding is die oesvooruitsigte steeds uitstekend. Luister na die gesprek hier:
NWK se Landboubestuursdienste help die moderne boer om die hoogste opbrengste te behaal met die optimale benutting van beskikbare hulpbronne.
Die kundiges in hierdie dinamiese span kan jou bystaan met ’n wye reeks presisie- en agronomiese dienste.
Presisiespesialiste by NWK lewer die volgende dienste aan produsente:
- Die verskaffing van chemiese ruitvensters (grids) waarmee differensiële kalkaanbevelingskaarte saamgestel word; regstellings van fosfaat en kalium gedoen word; asook onafhanklike bemestingsaanbevelings en regstellings ten opsigte van hoender- en /of kraalmis gedoen word.
- Grondkartering, waaronder grondklassifikasie; die opstel van grondpotensiaalkaarte (wat diepte, kleipersentasie, moedermateriaal, hidrologiese eienskappe en grondstruktuur aandui); die opstel van gewaspotensiaalkaarte, met die inagneming van oordragvog, wisselende plantestand en plantermengselkaarte.
- Die opstel van GPS-plaaskaarte. Dit behels die opmeting van lande, aangeplante weidings, natuurlike veldkampe en ander produksie-eenhede. Veranderings op grondgebruik word ook hierop aangebring.
- Grondverdigtingstudies, wat die akkurate meting van kompaksie en die doeltreffende opbreking daarvan behels. Aanbevelings ten opsigte van gepaste bewerkingspraktyke word gemaak; asook praktykaanpassings van geskikte presisieboerderytoerusting en stuurstelsels.
- Meganisasiebeplanning, waarvolgens die produsent geadviseer word oor die kilowatt benodig asook die aankoop van nuwe trekkers en implemente.
- Bepaling van produksiewaardes van plase.
- Laboratoriumontledings van aalwurms, sap, grond, mis, voer, water, kunsmis, stikstof en blare.
Agronome by NWK se Landboubestuursdienste lewer die volgende dienste:
- Besproeiingskedulering. Die produsent kan ’n volledige AquaCheck-stelsel bekom, wat uit ’n probe, telemetrie en AquaCheckWEB-sagteware bestaan. Grondvog word elke halfuur met die probe gemeet waarna dit met die telemetrie se simkaart na ’n wolk gestuur en hier gestoor word. AquaCheckWEB se gebruikersvriendelike aanlyn sagteware word dan gebruik om die data te verwerk en ’n besproeiingsaanbeveling te maak. Skeduleringsprogramme kan selfs aangepas word na gelang van spesifieke kultivars se kritieke groeistadiums. NWK se agronome monitor hierdie data weekliks en bring maandelikse plaasbesoeke om die nodige aanbevelings te maak.
- Hommeltuigdienste – kontrakteer dienste vir blaar en gifbespuitings, plantegroei-indekse, plaasopmetings en lugfoto’s.
- Landboubestuursdienste het ook ’n opwindende jongboerprojek, waarvolgens hulle kwalifiserende jongboere van agronomiese bystand voorsien en finansiering sonder sekuriteit verleen.
- Die opstel van skadebepalingsverslae, wat insluit onkruiddoder-, vreet-, asook brandskade van weiding en probleemondersoeke.
- Die opstel van opkoms-, toestand-, potensiaal- en oesskattingsverslae
- Verlening van algemene agronomiese advies vir gewasverbouing
- Bied ondersteuning en advies vir opkomende landbouers.
Skakel NWK se Landboubestuursdienste vandag nog by 018 633 1143 of lbd@nwk.co.za.