Agriculture
Agri-uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Mon, 16 Jan 2023
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
- Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het Donderdag met 2,29% gestyg.
- Die WASDE-verslag is Donderdagaand vrygestel.
- Wêreldwye mielie-eindvoorraad is afwaarts hersien, laer as handelskattings.
- Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het Vrydag met opwaartse tendense verhandel vir beide wit- en geelmieliekontrakte. Die witmieliemark het vir lewering in Januarie 2023 met R34/ton (+0,76%) geklim en teen R4 481/ton gesluit.
- Die geelmieliemark het vir lewering in Januarie 2023 met R76/ton (+1,73%) hoër verhandel om teen R4 480/ton te sluit.
- Die agt-week-uitvoervooruitskouïng wat deur SAGIS gepubliseer is, dui op 'n toename in die witmielie-uitvoertempo. In so 'n mate dat uitvoer voorspel word om bo die vorige seisoentempo te wees, sowel as die vyf-jaar gemiddelde.
- Geelmielies diepsee-uitvoer het opgedroog tot einde Maart 2023.
Sojaboon:
- Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste kontrakmaand het Vrydagoggend met 0,95% gestyg.
- Die binnelandse sojaboonkontrakte het Vrydagoggend met gemengde tendense verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Januarie 2023 onveranderd verhandel en teen R10 050/ton gesluit.
- Tot einde November is 197 286 ton sojabone uitgevoer, met die vooruitsigte van nog 64 000 ton om tot Februarie uitgevoer te word, meestal na Oos-Asiatiese markte.
Koring:
- Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Vrydagoggend 0,35% hoër verhandel.
- In die jongste WASDE-verslag is globale koring-eindvoorrade effens opwaarts hersien.
- Die binnelandse koringkontrakte het Vrydag met afwaartse tendense verhandel. Die Januarie 2023 koringkontrak het met R48/ton (-0,74%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R6 407/ton.
- Vir die week geëindig 6 Januarie is 'n totaal van 13 822 ton koring ingevoer, meestal uit Brasilië. Die huidige koringinvoertempo neig bo die vorige seisoengemiddeld sowel as die vyfjaargemiddeld.
Vir meer inligting oor die huidige kommoditeitsmark, besoek gerus Graan SA se webtuiste.