Agriculture
Damme in Sentraal-Suid-Afrika tussen 99% en 110% vol─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Thu, 22 Dec 2022
Sentraal-Suid-Afrika het die Kerstyd ingegaan met vol damme.
DA-raadslid in die Mangaung Metro en die party se woordvoerder oor Watersake, Rossouw Botes, sê die vol damme gee hoop vir die seisoen wat voorlê.
LEES OOK: Watervlakke naby Keimoes styg gevaarlik
Hy deel dat damvlakke tussen 99% en 110% wissel op 20 Desember 2022:
- Rustfonteindam: 102%
- Welbedachtdam: 100%
- Gariepdam: 101%
- Vanderkloofdam: 103%
- Allemanskraaldam: 104%
- Erfenisdam: 105%
- Tierpoortdam: 100%
- Kalkfonteindam: 99%
- Krugersdriftdam: 109%
- Groothoekdam: 101%
- Sterkfonteindam: 100%
- Bloemhofdam: 110%
- Knelpoortdam: 100%
- Katsedam: 99%
“Ons is bevoorreg om hierdie damvlakke hierdie tyd van die jaar te hê [in vergelyking met] ‘n paar jaar gelede toe ons ontsettende droogtes gehad het, het ons nie naby hierdie damvlakke gehad nie.”
LEES OOK: Departement monitor damvlakke
Botes waarsku besproeiingsboere wat langs die rivier geleë is om versigtig te wees aangesien reën nog in Januarie en Februatie voor mag kom en die riviervlakke verder laat styg.