On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

’n Sonnige Kersfees op die kaarte soos La Niña verswak

───   ELSABÉ RICHARD 08:20 Wed, 07 Dec 2022

’n Sonnige Kersfees op die kaarte soos La Niña verswak | News Article
FOTO: Elsabé Richard-May/OFM-nuus.

Ons is alweer aan die begin van 'n nuwe maand, en dis ook die laaste maand van die jaar.

Suid-Afrika het die afgelope maande die gevolge van die La Niña-verskynsel, wat baie reën veroorsaak, ervaar.

Die onafhanklike landbouweerkundige, Johan van den Berg, sê weervooruitsigte toon dat Sentraal-Suid-Afrika in die volgende twee weke redelik reën kan verwag.

LEES OOK: ‘Waterstelsels help in tye van vloed en droogte’

In die Oos-Vrystaat kan 50mm tot 80mm reën verwag word, “met die beste kans oor die naweek wanneer ons swaar neerslae verwag.”

Meer as 50mm reën word vir Bloemfontein voorspel, met swaar reën wat ook die naweek kan voorkom. 

Kimberley-omgewing se weervooruitsigte toon dat 30mm reën kan voorkom, sê Van den Berg.

“As ons weswaarts kyk, lyk dit asof Upington-omgewing heelwat minder reën gaan kry, [sowat] 10mm tot 15mm.”

ALSO READ: Jukskei River: As many as 18 people may have been swept away

Vloede

Van den Berg waarsku dat met die reën wat oor die Oos-Vrystaat, Mpumalanga en Gauteng, wat grotendeels die opvangsgebied van die Vaaldam en –rivier is, verwag word, is daar wéér ’n kans dat vloede veral in die Benede-Oranjerivier in die volgende twee weke kan voorkom. 

“Dit gaan afhang hoeveel reën daar voorkom, want die opgaardamme is nog redelik vol. Dit gaan nie baie reën vat, óf afloop, om die damme weer in vloed te sien wat kan veroorsaak dat die riviere weer oorstroom.

“Dit lyk asof die opvanggebied van die Gariepdam dalk minder reën kan sien, maar daar kan nog [redelike baie reën] voorkom, net nie so baie soos in die opvang van die Vaalrivier nie.”

Reënvooruitsigte vir Kersfees

Alhoewel nat toestande oor die volgende weke verwag word, is die La Niña-verskynsel besig om te verswak. Dit veroorsaak dat reën van Kersdag af sal opklaar en dat inwoners na ‘n dag sonder neerslae kan uitsien.

Wat Januarie betref, sê Van den Berg word daar nie veel reën verwag nie, veral oor die sentraal en westelike dele. Daar kan egter ooswaarts nog baie reën voorkom. 

“Ek wil vir almal graag ‘n baie geseënde Kersfees toewens en ook ‘n voorspoedige Nuwejaar, en veral ons boere wat in hierdie Kerstyd baie keer moeilike omstandighede ervaar met te veel of te min reën. Ek hoop ek regtig dat die reën op die regte tyd en regte plekke sal voorkom. En dat ons ‘n goeie jaar gaan hê.”

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.