On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Landbousektor versoek kleiner verhoging in nasionale minimum loon

───   ELSABÉ RICHARD 16:38 Wed, 23 Nov 2022

Landbounuus-podcast: Landbousektor versoek kleiner verhoging in nasionale minimum loon | News Article

Die landbousektor versoek 'n kleiner verhoging in die nasionale minimum loon van die regering.

Agri SA stel voor die verhoging bly 2 persentasiepunte laer as die inflasiekoers. Hy sê hoë insetkoste, swak dienslewering en natuurrampe is groot uitdagings vir die landbousektor. 'n Loonverhoging van meer as 5% sal die lewensvatbaarheid van tallose landboubedrywighede bedreig, en Suid-Afrika se internasionale mededingendheid kniehalter.

Handelsbanke wil reeds geruime tyd nie meer langer-termyn-lenings toestaan nie. Kovsies senior landbou-ekonoom, professor Frikkie Maré, sê dit wil voorkom of die Landbank dieselfde pad loop. Hy sê blykbaar wil die Landbank hom in die toekoms meer toespits op opkomende boere.

Grondeisers word gewaarsku om versigtig te wees wanneer hulle genader word deur mense wat beweer hulle verteenwoordig die Kommissie vir die Herstel van Grondregte. Die landboudepartement sê dié swendelaars belowe grondeise sal vinnig verwerk en afgehandel word, teen betaling van 'n fooi. Sulke bedrieërs vra ook dokumentasie vir die grondeise. 

Verbruikers sal na verwagting in die nuwe jaar hul geld bestee aan meer bekostigbare vleisproteïene soos hoender. Volgens Absa se AgriTrends-verslag vir 2022, kan laer graanpryse op sy beurt verhoogde hoenderproduksie veroorsaak. Die vermoë van die bedryf om op laer insetkoste te reageer sal egter grootliks bepaal sal word deur die effek van invoer op korttermynmarges. Asook hoe dit produksie en uitbreiding op mediumtermyn beïnvloed.

EN

Gunstige veldbrandtoestande heers oor die Karoo Hoogland in die Noord-Kaap, wat Sutherland, Fraserburg en Williston insluit. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê die brandgevaar-indeks is bo 75. Veldbrande ontwikkel en versprei gewoonlik vinniger onder hierdie toestande, wat nie net eiendom kan beskadig nie, maar ook kan lei tot lewensverlies.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.