On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Dormer: Die ideale vleisras

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Tue, 29 Nov 2022

Dormer: Die ideale vleisras | News Article
FOTO: Dormer-skaap by NAMPO ALFA 2022.

Die aanvraag na Dormer-ooie is tans hoog en om hieraan te voldoen kan uitdagend wees.

Henrietta Labuschagne van die Dormer Skaaptelersgenootskap van Suid-Afrika, sê die hoë aanvraag kan toegeskryf word aan die feit dat dié skaapras die ideale vleisras is.

OFM-nuus het by vanjaar se NAMPO ALFA Vee-, Jag- en Buitelug-ekspo by NAMPO Park buite Bothaville met Labuschagne gesels.

Dormers, wat ‘n witwolvleisskaap is, is ook ideaal om met Merino-skape te kruis, aangesien hulle wol vry van kemp is.

LEES OOK: Miniatuur donkies en perde 'n luukse

Indien ‘n produsent Dormers wil aankoop, sê Labuschagne, moet daar eers goed navorsing gedoen word. 

Produsente kan plaaslike telers óf die genootskap nader wat sal help kyk na of die ras by hulle gaan aanpas sowel as of die ras aan die produsente se behoeftes sal voldoen. 

LEES OOK: Savanna-bok, die perfekte geharde vleisbok vir enige omgewing

Die Dormer is ook nie net goed vir intensiewe boerdery nie, maar ook vir ekstensiewe boerdery.

Volgens die genootskap was die doel met die ontwikkeling van die ras onder meer om vinnig en bekostigbare vleis te kan produseer, en om ‘n ras te hê wat goed aanpas by toestande in die winterstreek.

Labuschagne beskryf die ideale Dormer in ‘n neutedop

  • Die dier moet ‘n wit, gladde kop hê met pigment om die oë en ‘n prominente oogbank. Pigment mag nie op enige ander plek op sy lyf voorkom nie.
  • Die dier moet ook ‘n mooi kop-nek aansluiting hê.
  • Goeie breedte en diepte.
  • Die dier moet witwol hê en moet ook horingloos wees.
  • Goeie lengte en bespiering is ook belangrik.
  • Die dier moet reg op sy bene kan staan.

Sien onderstaande PODCAST vir meer inligting:

Hierdie berig is oorspronklik op 11 Oktober 2022 gepubliseer.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.