Agriculture
Hier is vandeesweek se lewendehawe pryse─── 05:00 Thu, 09 Jun 2022

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewendehawe.
Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewendehawe op veilings.
Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik.
Derksen sê speenkalwers, onder 200kg, het teen R40,11 per kg verkoop, terwyl speenkalwers tussen 200kg en 250kg, teen R38,22, en speenkalwers oor 250kg, teen R36,04 per kg verkoop het.
Ander veilingspryse vir beeste:
A-klas beeste | R34,01 per kg | ||||||
B-klas beeste | R26,07 per kg | ||||||
C-klas vet koeie | R25,17 per kg | ||||||
Maer koeie | Wissel tussen R18,00 en R21,50 per kg | ||||||
Slagbulle | R25,33 per kg | ||||||
Skape | |||||||
Stoorlammers | R55,00 per kg | ||||||
Slaglammers | R43,77 per kg | ||||||
Stoorskape | R39,55 per kg | ||||||
Vetskape | R36,08 per kg | ||||||
Bokke | |||||||
Lammers | R61,44 per kg | ||||||
Ooie | R45,55 per kg | ||||||
Vir meer inligting besoek vleisprys.co.za.