On Now
Weekends 20:00 - 22:00
Sunday Night Nadine
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Wed, 25 May 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mark het ondersteuning gevind in die vorige sessie na ‘n rondte tegniese aankope aangespoor deur positiewe uitvoer data vanaf die USDA en oorspoel sterkte vanaf koring. Die USDA se aanplanting vordering verslag is Maandag vrygestel en toon positiewe syfers.

Mielie-aanplantings is tans 72% voltooi, hoër as die vorige week se 49%. Die vordering is steeds stadiger as die vorige jaar se pas van 89% en die vyf-jaar gemiddeld van 79%.

Plaaslik: Die plaaslike mieliemark het swakker presteer as die vorige dag met meeste van die kontrakte wat in die rooi gesluit het na aanleiding van ‘n swak Amerikaanse mark. Die gaping tussen wit- en geelmielies is steeds aan die verklein en staan tans op R45.

Die witmieliekontrak het vir Mei R41/ton swakker verhandel vir die dag om teen R4 620/ton te sluit. Witmielies vir lewering in Julie het R30/ton swakker verhandel teen R4 639/ton.

Die geelmieliekontrak vir Mei 2022 het R46/ton laer verhandel teen R4 685/ton. Die geelmieliekontrak het vir lewering in Julie het teen R4 730/ton verhandel.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het vroeg in die vorige verhandelingsessie vier-week hoogtes bereik, maar het teen sluitingstyd aan die negatiewe kant verhandel na ‘n rondte tegniese verkope en winsneming. Amerikaanse sojaboonuitvoere was laer as verwag en het pryse verder onder druk geplaas.

Sojaboonaanplantings het 50% bereik teen Sondag, op vanaf 30% die vorige week. Hierdie syfers is steeds laer as die vorige seisoen se pas van 73% en die vyf-jaar gemiddeld van 55%.

Plaaslik: Die plaaslike sojaboonmark het in mielies se voetspore. Sojabone het ook ‘n swakker dag ervaar met pryse wat tot en met 0,5% gedaal het.

Die sojaboon Mei ’22-kontrak het R16/ton laer verhandel teen R9 053/ton. Die sojaboon Julie ’22-kontrak het R29/ton swakker verhandel teen R9 146/ton. Die sojaboon September ’22-kontrak het teen R9 260/ton, R41/ton swakker, verhandel.


Koring:

Die Amerikaanse koringmarkprys het uiteindelik ondersteuning gevind in die vorige verhandelingsessie na drie dae van negatiewe verhandeling. Kopers het die mark betree die daar ‘n geleentheid was om koring kontrakte teen lae pryse te koop. Pryse het op gemiddeld met 2% gestyg.

Lente koringaanplantings staan tans op 49% voltooi, baie ver agter die vorige seisoen se pas van 93% voltooi en die vyf-jaar gemiddeld van 83%.

Plaaslik: Koring het beter presteer as die ander twee gewasse na aanleiding van ‘n sterk Amerikaanse mark.

Die koring Mei '22-kontrak het teen R8 322/ton verhandel, R31/ton swakker. Die koring Julie ’22-kontrak het teen R8 275/ton verhandel, R67/ton sterker.

OFM-nuus


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.