On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Mon, 18 Apr 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het Donderdag met 0,9% gestyg.

Die weeklikse etanolproduksieverslag het aangedui dat produksie vir die tweede keer in 2022 onder 1 miljoen vate per dag gedaal het. President Joe Biden het die testament verleng wat dit moontlik maak vir etanolproduksie nou deur die somer.

Die plaaslike SAFEX-mieliekontrakte het opwaarts verhandel vir beide wit- en geelmieliekontrakte. Die witmieliemark het, vir lewering in Julie 2022, R47/ton (+ 1,14%) gestyg om teen R4 172/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R38/ton (+ 0,89%) hoër te verhandel en teen R4 300/ton te sluit.

Die weeklikse SAGIS-produsenteleweringsverslag het aangedui dat vir die week geëindig 08 April 'n totaal van 15 905 ton witmielies gelewer is. 


Sojaboon:

Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Donderdag met 0,3% gestyg.

China, wat die wêreld se grootste invoerder is, het in Maart 6 349 336 ton sojabone gekoop, wat 18% onder die jaar-tot-jaar-gemiddelde was. Brasilië se ANEC het hul uitvoerskattings vir April tot 12 023 731 ton verhoog. Dit is 8,1% hoër as die vorige weke se skatting.

Die binnelandse sojaboonkontrakte het Donderdag met skerp opwaartse tendense verhandel. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022 met R111/ton (+ 1,24%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R9 090/ton.

Weeklikse SAGIS-produsentelewerings vir sojabone is tot verdere kennisgewing opgeskort. Dit is as gevolg van onvoldoende vrystellings van bedryfsdata om 'n akkurate voorstelling van die aflewerings te publiseer.


Koring:

Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het Donderdag met 0,9% gestyg.

Die binnelandse koringkontrakte het  skerp opwaarts verhandel. Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2022 met R72/ton (+ 1,03%) hoër verhandel om uiteindelik te sluit op R7 045/ton.

Die weeklikse SAGIS-produsenteleweringsverslag het aangedui dat vir die week geëindig 8 April 'n totaal van 4 841 ton koring gelewer is. Die totale koring wat tot verlede week kommersieel ontvang is, het 2 185 100 ton beloop. 

Vir meer inligting oor die huidige kommoditeits mark, besoek gerus Graan SA se webtuiste

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.