On Now
Weekends 20:00 - 23:59
The Music Man Mix The Music Man
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Tropiese sikloon broei in Mosambiek-kanaal

───   ELSABÉ RICHARD 13:51 Thu, 10 Mar 2022

Landbounuus-podcast: Tropiese sikloon broei in Mosambiek-kanaal | News Article

‘n Tropiese sikloon is weer aan die ontwikkel in die Mosambiek-kanaal.

Hierdie sikloon sal na verwagting binne die volgende week of twee Suid-Afrikaanse weerstelsels benadeel. Dit beteken dat minder reën hier sal voorkom en droeër toestande tot gevolg sal hê. Johan van den Berg, 'n onafhanklike landbouweerkundige, sê lusernboere, wat nog moet stroop, kan uitsien na ‘n paar droeër dae wat hulle in staat sal stel om lusern te sny ná die afgelope paar dae se reën.

Dis amptelik, vanjaar se Nampo ALFA skop einde September op Nampopark af. Albert Laubscher, organiseerder van ALFA 2022, sê opgewondenheid heers met voorbereidings wat goed op dreef is. Vanaf 29 September tot 1 Oktober kan besoekers na verskeie lewendehawe aanbiedings op Nampopark uitsien. Laubscher sê die amptelike program behoort teen vroeg April beskikbaar te wees. Die verskeie projekte by die geleentheid sluit in vleisbeesprojekte soos die Money Maker en prestasie-kampioenskappe.

EN

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewendehawe. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewendehawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Derksen sê speenkalwers, onder 200kg, het teen R43,07 per kg verkoop, terwyl speenkalwers tussen 200kg en 250kg, teen R40,88, en speenkalwers oor 250kg, teen R38,64 per kg verkoop het.





OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.