On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Olebogeng
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Ontplooiing van veeartse in VS laat gegradueerdes van Rusland woedend

───   ELSABÉ RICHARD 14:15 Fri, 04 Mar 2022

Landbounuus-podcast: Ontplooiing van veeartse in VS laat gegradueerdes van Rusland woedend | News Article

Die Vrystaatse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling sê hy neem kennis van kommentaar wat op sy Facebook-blad gelewer is deur sommige gegradueerdes wat in Rusland gestudeer het.

Die gegradueerdes het gereageer op die ontplooiing van 14 gemeenskapsdiens-veeartse na die provinsie. Die departement sê die kommentaar is gelewer nadat dit 'n verwelkomingseremonie vir die 14 veeartse op 1 Maart by die Glen Kollege vir Landbou aangebied het en dit op sy Facebook-blad gedeel het. Kommentaar sluit in oorweldigende negatiewe reaksies van 'n groep studente wat deur die Vrystaatse Provinsiale Regering beurse aangebied is om vir 'n Veterinêre Geneeskunde-graad in Rusland te studeer en te verwerf. OFM-nuus se Elsabé Richard berig hierdie gegradueerdes het glo ongegronde bewerings gemaak dat die aangestelde veeartse werksgeleenthede deur die departement gegee is, terwyl hulle oor die hoof gesien is ondanks die voltooiing van hul kwalifikasie. Die Universiteit van Rusland het intussen die kurrikulum wat deur die studente voltooi is, aan die Raad voorgelê, wat hierdie kwalifikasie sal evalueer.

Ter bekamping van die bruinsprinkaanplaag wat die Noord-Kaap teister en voedselsekuriteit bedreig, het twee maatskapye - Sanlam en Agri SA - gesamentlik R250 000 geskenk. Die Risiko- en Rampbestuurder by Agri SA, Andrea Campher, sê die kosteberaming is slegs vir die Noord-Kaap wat tans as brandpunt beskou word. Campher sê dit sluit nie die Wes- en Oos-Kaap in nie.

EN

Agbiz is bekommerd oor die menslike verlies en ontwrigtings in die globale voorsieningsketting as gevolg van die konflik in die Oekraïne. Agbiz-voorsitter, Francois Strydom, sê albei Rusland en die Oekraïne is noemenswaardige rolspelers in die wêreldwye landbouproduk- en -insetmarkte. Hy sê wat Suid-Afrika se landboubesighede betref, het die vrugtebedryf sterk bande met die Swartsee-streek aangesien dit 'n groot uitvoerbestemming vir tuinbouprodukte is. Strydom voeg verder by dat daar ook druk op besighede is wat graan en boerdery-insette uit die Swartsee-streek invoer. Verwikkelinge in die Oekraïne word intussen fyn deur Agbiz dopgehou.




OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.