Central SA
Munisipale swembaddens gesluit─── 10:06 Mon, 28 Dec 2020
Munisipale woordvoerder vir die Dawid Kruiper Munisipaleteit, Patrick Williams, sê dat alle munisipale swembaddens - insluitend die bekende Eiland Vakansie oord en Reitzpark gesluit is vir die publiek.
Inwoners van Upington verkeer steeds in skok na die aankondiging deur president Cyril Ramaposha dat sekere tradisies, soos samekomste na begrafnisse, nie meer gaan plaasvind nie.
Williams sê die Covid-19 pandemie is ‘n werklikheid, en die munisipaleteit het gevolglik besluit om nie enige kanse te waag wat ‘n gesondheidsrisiko vir beide amptenary en die gemeenskap kan inhou nie.
Intussen het Williams gemaan dat mense nie in riviere of kanale moet swem nie omdat dit lewensgevaarlik kan wees.
Hy voeg by plaaslike nooddienste is gereed vir enige gevalle, terwyl die gemeenskap gevra word om die nasionale inperkingsregulasies na te kom.
OFM News/Roderick Titus