On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Onsekerheid heers steeds in wolmark

───   ELSABÉ RICHARD 12:33 Fri, 30 Oct 2020

Landbounuus-podcast: Onsekerheid heers steeds in wolmark | News Article

Daar heers steeds onsekerheid oor die groot volumes wol wat aangebied gaan word in Suid-Afrika en Australië, sowel as die hernude vlaag van Covid-19 uitbrake in Europa.


Heinrich Victor, bestuurder van spesiale dienste by OVK, sê die wisselkoers van die Rand teenoor die vernaamste geldeenhede, gedurende die volgende week, kan volgende week se veiling beïnvloed.

EN

Vandeesweek se wolveiling het met 'n groter aanbieding van 10 099 bale afgeskop waar ‘n verkoopspersentasie van 95,5% behaal is. Luidens Cape Wools SA se wolmarkverslag het die mark met 2,2% teruggesak en op R145,60 per kg gesluit, terwyl die Rand teenoor die Amerikaanse Dollar versterk het.  Volgens die wolmarkverslag het die Rand finaal 0,5% sterker teenoor die Amerikaanse Dollar gesluit en dit het daartoe bygedra dat die mark met 1,6% in Amerikaanse Dollar-terme afgeneem het. Die Australiese mark het met 6,6% gedaal, wat toegeskryf kan word aan 'n buitengewone groot aanbieding wat nie deur die mark opgeneem kon word nie. Dit het aanleiding tot die laer verkope gegee. Die aanbod het hoofsaaklik uit lang, fyn merinowol bestaan waarvoor goeie mededinging geheers het. Sterker wol het vandeesweek swakker vertoon, terwyl volhoubaar geproduseerde wol 22% van die aanbod opgemaak het en bo die mark-gemiddeld presteer het.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.