On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Laurika
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: LUR besoek vandag Noord-Kaap

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:49 Mon, 12 Oct 2020

Landbounuus-podcast: LUR besoek vandag Noord-Kaap | News Article

Die LUR van landbou, omgewingsake, grondhervorming en landelike ontwikkeling in die Noord-Kaap is vandag in die Namakwa-distrik in die droogtegeteisterde provinsie om die impak van die droogte op plase te bepaal.


Zandisile Luphahla, woordvoerder van die departement sê Mase Manopole deel ook persoonlike beskermende toerusting aan plaaswerkers uit, terwyl asblikke onder plaaslike nie-regeringsorganisasie versprei word. Die droogtehulp waarna Luphahla verwys en waarvan die sluitingsdatum vir aansoeke eerskomende Vrydag is, behels bykans R36 miljoen wat deur die regering se rampbestuur aan die Noord-Kaap ten opsigte van droogtehulp, beskikbaar gestel is. Dit sluit onder meer die verskaffing van veevoer in. Die Noord-Kaap was onder sewe provinsie wat vanjaar in Januarie om droogtehulp aansoek gedoen het. Die provinsie het sowat R1,9 miljard se droogtehulp by die department aangsoek gedoen. Slegs R139 miljoen is toegestaan.

EN

Daarmee saam sê Agri Noord-Kaap se president, Nicol Jansen, dit is in die stadium onduidelik hoe die bykans R36 miljoen wat deur die nasionale regering se rampbestuur aan dié provinsie beskikbaar gestel is, aangewend gaan word nie. Hy sê 'n gedeelte van dié geld sal waarskynlik aangewend word tot die departement van landbou se veevoerbanke, en daar sal ook heel waarskynlik 'n gedeelte van dié geld uitgehou word vir die vervoer van veevoer.
Hy sê daar is hoop dat sowat R20 miljoen van dié geld aangewend gaan word om hulp aan boere op grondvlak te verleen, en dit sal heel waarskynlik die vorm van 'n koeponstelsel aanneem, hoofsaaklik om veevoer te bekom.  




OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.