On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Vrystaat Landbou wys sy bestes aan

───   11:50 Fri, 11 Aug 2017

Vrystaat Landbou wys sy bestes aan | News Article
Beste boerevereniging: Agri-Hertzogville se Marius en Tania Groenewald saam met Danie Minnaar, voorsitter van Senwes.

Bloemfontein - Agri-Hertzogville is gisteraand op Vrystaat Landbou se kongresdinee vir die tweede agtereenvolgende jaar as VL se beste landbouvereniging aangewys.


Dié vereniging, onder die leierskap van die egpaar Marius en Tania Groenewald, was voorverlede jaar die naaswenner en voor dit vir drie jaar agtereenvolgens ook die wenner. 

VL se beste streekverteenwoordiger is Willie Weich van die gebied Hertzogville, Dealesville en Boshof. 

Die Bloemfonteiner Gert Nel is met VL se hoogste oorkonde vereer vir sy diens van 15 jaar aan die VL-finansieskomitee en VL se bedryfshoof, Jack Armour, het ook dié spesiale eerbewys ontvang. 

VL se vise-president,  Francois Wilken, het op die prysuitdeling hulde aan die Vrystaat en land se boere gebring en hulle geloof vir hulle standvastigheid in moeilike landboutye.

Dirk Kok/OFM-nuus

 


Podcasts

VL se Francois Wilken bedank SA se boere:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.