On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

National

Gewilde sanger keer terug na Afrikaans Is Groot

───   10:45 Sat, 18 Mar 2017

Gewilde sanger keer terug na Afrikaans Is Groot | News Article
Theuns Jordaan

Pretoria - Namibsroos aanhangers sal bly wees om te hoor dat sanger Theuns Jordaan weer later vanjaar op die Afrikaans is Groot verhoog gaan skitter.


Maroela Media berig dat volgens die organiseerders is die kontrakooreenkoms vir sy optrede tot groot tevredenheid van albei partye gefinaliseer. 

Luidens Coleske Artists beplan hulle groot dinge vir vanjaar se konserte en is baie opgewonde oor Jordaan se terugkeer.

Jordaan het verlede jaar in Oktober op sosiale media aangekondig dat hy die organiseerders van Afrikaans is Groot hof toe vat, wat grootskaalse negatiewe terugvoer ontlok het. 

Talle aanhangers van die sanger het selfs gedreig om Afrikaans is Groot te boikot. 

Maroela Media



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.