National
Direkteur van Maatskaplike Ontwikkeling bedank─── 09:14 Sat, 04 Mar 2017
Johannesburg - Die direkteur van maatskaplike ontwikkeling, Zane Dangor, het bedank.
Hy't aan eNCA vertel dat hy bedank het weens verskille tussen hom en die minister Bathabile Dlamini.
Dangor se bedanking volg nadat die departement en Sassa voor die grondwethof moes verskyn omdat die uitbetaling van 17 miljoen toelaes volgende maand waarskynlik nie sou plaasvind nie.
Intussen is dit bekend gemaak dat die departement, Sassa en Cash Paymaster Services ná drie dae se onderhandeling 'n ooreenkoms bereik het oor die uitbetaling van maatskaplike toelaes.
Dlamini het Suid-Afrikaners die versekering gegee dat die regering deur middel van Sassa vanaf 1 April sal voortgaan om toelaes uit te betaal.
Die departement sê hy sal later besonderhede oor die ooreenkoms bekendmaak.
Die Poskantoor het vroeër laat weet dat hulle reeds stelsels het wat gebruik kan word om die toelaes uit te betaal.
eNCA