On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Anny
Listen Live Streams

National

Biddende Welkom-vrou in huis oorval

───   08:47 Thu, 07 Apr 2016

Biddende Welkom-vrou in huis oorval | News Article
Gallo images

Welkom - 'n Vrou van Welkom is steeds in ‘n skoktoestand nadat sy, terwyl sy gebid het, deur twee rowers in haar huis oorval is.


Die 41-jarige vrou was verlede Vrydag in die vroeë oggendure in haar huis in Bedelia langs haar bed in ‘n knielende posisie toe sy bewus geword het van iemand wat naby haar is.

Polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng, sê twee mans met klapmusse en handskoene het agter die vrou gestaan en na haar gestaar. Volgens hom het die booswigte vermoedelik toegang tot die vrou, wat alleen tuis was, se huis verkry deur ‘n venster in die studeerkamer. Die vrou, wat verkies om anoniem te bly, het ná 12:00 reggemaak om te gaan slaap.

Die mans het haar daarna beveel om stil te bly en op ‘n rusbank in ‘n ander vertrek te sit, sê Thakeng. Hulle het haar kop met ‘n laken toegegooi en haar hande met ‘n handdoek agter haar rug vasgebind. Die mans het haar met ‘n moersleutel aangeval. Volgens hom het die mans aan die vrou gesê hulle is hier om ‘n plasmaskerm-televisiestel te vat en haar dood te maak.

Thakeng sê die rowers het ‘n televisiestel, ‘n selfoon, huissleutels en drie trouringe gevat. Terwyl hulle op pad uit was, het een van die mans aan die ander man gesê hulle moet doen wat hulle beplan het om te doen. In reaksie daarop het die ander man gesê hulle moet die vrou alleen laat. Die geskokte vrou kon daarin slaag om haarself te bevry.

Thakeng vra enigiemand met inligting om hul naaste polisiekantoor te bel. Nog niemand is in hegtenis geneem nie.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.