National
SA vier 21ste herdenking van eerste demokratiese verkiesing─── 10:24 Mon, 27 Apr 2015
Pretoria - President Jacob Zuma gaan Suid-Afrikaners na verwagting later vanoggend herinner aan die belangrikheid van vryheid in sy Vryheidsdagtoespraak by die Uniegebou in Pretoria.
Vandag is die 21ste herdenking van die land se eerste demokratiese verkiesing.
Die minister van Kuns en Kultuur, Nathi Mthethwa het te midde van die onlangse geweld teen buitelanders 'n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om nie die gees van ubuntu te laat vaar nie.
Mthethwa sê Suid-Afrikaners moenie toelaat dat 'n minderheid die land se goeie naam skade aandoen nie.
Die ANC het vroeër in 'n Vryheidsdagverklaring gesê dat 'n oplossing vir die geweld daarin lê om die griewe van buitelanders én Suid-Afrikaners aan te spreek.
SAUK