On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

National

Drie Afrikaanse kunstefeeste sê nee vir Steve

───   MJ LOURENS 16:45 Fri, 23 Jan 2015

Drie Afrikaanse kunstefeeste sê nee vir Steve | News Article

Bloemfontein - Drie Afrikaanse kunstefeeste het vandag bevestig dat Steve Hofmeyr nie vanjaar by hul feeste welkom is nie.

Ricardo Peach, Vryfees-feesorganiseerder, het aan OFM-nuus bevestig dat Hofmeyr nie welkom is om by dié fees op te tree nie.
 
“Daar is niks fout met hom as mens nie, maar ons stem nie saam met wat hy sê nie. Die kunste is veronderstel om mense bymekaar te bring en brûe te bou.”
 
Dit kom nadat die Absa KKNK se feesbestuur Vrydag op Facebook aangekondig het dat Hofmeyr nie hier sal optree nie.
“Ons het nie van hom 'n voorstel ontvang om by ons op te tree nie, maar as ons 'n voorstel ontvang het, sou ons dit van die hand gewys het,” lei die inskrywing op die Absa KKNK se Facebook-blad.
 
Sandra Jacobs, Reklame en Media-organiseerder van Inniebos, het bevestig dat Hofmeyr nie by die InnieBos-kunstefees gaan optree nie.

“Steve is ‘n briljante kunstenaar, maar hy kan nie kunstefeeste as ‘n politieke platform gebruik nie. Hy moet óf sing, óf hy moet die politiek betree.”
 
Die Clover Aardklop-kunstefees se mediabeampte, Chrizanda van Wyk, het by navraag gesê Steve sal gekeur word op sy kunstenaarskap.
 
“Steve het nog altyd goeie gehore na die kunstefees getrek. Hy is ‘n goeie kunstenaar. Indien hy aansoek doen om op te tree sal sy versoek oorweeg word.”
 
Tony Lankester, uitvoerende hoof van die Nasionale Kunstefees in Grahamstad, het by navraag gesê hulle het geen aansoek van Hofmeyr ontvang om daar op te tree nie. Lankester het bygevoeg almal welkom is om aansoek te doen, maar om op die hoofverhoë op te tree word aansoeke op meriete gekeur. Indien ‘n kunstenaar aanvaar word, word daar verwag dat hy/sy die konstitusionele waardes van ons land gehoorsaam en dat nie in kontras daarmee of die wet is nie nie.
 
Steve se reaksie oor die Absa KKNK se besluit:
 
 
 
MJ Lourens/OFM-nuus 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.