National
Lesotho-staatsgreep: SAOG in gesprek met alle belanghebbendes─── 08:50 Sun, 31 Aug 2014

Pretoria - Die Suid-Afrikaanse regering het bevestig dat hy nie onmiddellik soldate na Lesotho gaan stuur ná bewerings dat die land se regering deur die weermag oorgeneem is nie.
Die woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge, Clayson Monyela sê Suid-Afrika glo dat diplomasie eers kans gegee moet word en dat die situasie op vreedsame wyse opgelos kan word.
Die eerste minister van Lesotho, Tom Thabane en 'n koalisie-venoot het volgens berigte na Suid-Afrika gevlug. Monyela wou dit egter nie bevestig nie.
Hy sê die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap is in gesprek met alle belanghebbendes.
Intussen hou die weermag van Lesotho vol dat die situasie na normaal teruggekeer het.
Intussen hou die weermag van Lesotho vol dat die situasie na normaal teruggekeer het.
Sapa
Clayson Monyela :