National
Johnny du Plooy oorlede op 48─── 14:11 Fri, 12 Apr 2013
Die voormalige Suid-Afrikaanse swaargewig-bokskampioen Johnny du Plooy is dood, het Supersport Vrydag berig.
Hy was 48.
Du Plooy het tydens sy boksloopbaan 27 (22 uitklophoue) van sy 33 gevegte gewen en vyf verloor. Een het gelykop geëindig.
Al die gevegte wat du Plooy verloor het was teen bekende teenstanders – Mike Weaver, Renaldo Snipes, Francesco Damiani, Pierre Coetzer en Corrie Sanders.
Sanders is verlede jaar in Augustus in 'n rooftog by 'n restaurant doodgeskiet.
Du Plooy het hartprobleme gehad en was verlede jaar vir agt dae in die hospitaal waarna hy 21 kg verloor het.
Die presiese oorsaak van sy dood moet nog bevestig word.
Nuus24