On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Kansvatters buit 'Bloues' uit oor gesteelde skoolbus

───   MARK STEENBOK 16:43 Tue, 24 Jul 2018

Kansvatters buit 'Bloues' uit oor gesteelde skoolbus | News Article
Photo: Supplied

Die Hoërskool Kroonstad in die Vrystaat, oftewel die ‘Blouskool’ se wit enorme Izuzu skoolbus wat verlede week soos ‘n groot speld verdwyn het, is nog steeds nie gevind nie.


Die 'Blouskool' se adjunkhoof, Tjaart du Plessis, het aan OFM-nuus gesê dat drie kansvatters hulle oor die naweek geskakel het en beweer dat die bus by ‘n polisiestasie staan en dat die skool net geld vir diesel moet inbetaal, dan bring hulle die bus terug.

Die skoolbus wat hoofsaaklik gebruik word om leerders te vervoer, is verlede Donderdag omstreeks 02:15 vanaf die skoolterrein gesteel. 

Die booswigte het na beweering die slot van die hek, waar die bus geparkeer word, geknip en deur die voorhek uitgery. 

Du Plessis sê hulle hoop om die bus gou op te spoor omdat die verlies hulle oor die langtermyn negatief kan raak. 

Enigiemand met inligting word versoek om hulle naaste polisiekantoor te skakel.


OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.