On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Mark
Listen Live Streams

Local News

NDBV help met verminkte beeste

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:31 Tue, 24 Jul 2018

NDBV help met verminkte beeste | News Article

In nog 'n voorval in Gauteng ondersoek die polisie in Cullinan, in samewerking met die Nasionale Dierbeskermingsvereniging (NDBV), 'n grusame voorval waarin beweerde gesteelde beeste lewend geslag en agtergelaat is.


Nasionale inspekteur van die NDBV se plaasdiereenheid, Collette Barnard, sê met hulle aankoms by 'n konstruksieperseel in De Wildt, Gauteng, is twee verminkte beeste en 'n kalwer lewend gevind. Hul bene is gekap. Twee ander beeste was reeds dood. Barnard sê die polisie se K9-eenheid het die beeste uit hul lyding verlos. Barnard sê 'n dossier is deur die polisie geopen en dieremishandeling word ook ondersoek. Die uitvoerende direkteur van die NDBV het vroeër aan OFM-nuus gesê insidente van dieremishandeling oor die land heen is aan die toeneem.


OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.