Local News
Brand verwoes houthuis in Bloemfontein─── JOSCA HUMAN 09:21 Mon, 18 Jun 2018
‘n Brand het gisteraand in Raytonweg in Heuwelsig, Bloemfontein, uitgebreek.
Volgens ‘n betroubare bron het die houthuis langsaan die hoofhuis aan die brand geslaan.
Die bron het aan OFM-nuus gesê dat owerhede omstreeks 21:30 uitgeroep is om die brand te blus, maar hulle was te laat want die vuur het die hele houthuis verwoes.
Hy sê die brandweer kon daarin slaag om die vuur onder beheer te bring sodat dit nie verder versprei nie. Hy sê dat ‘n braai vroeër die dag gehou was, en dat dit die moontlike rede vir die vuur was.
Hy sê geen beserings is gerapporteer nie, maar ambulansdienste was egter op die toneel.
OFM-nuus