Local News
'Oom Piet sterk steeds aan'─── MARK STEENBOK 12:17 Sat, 27 Jan 2018
!['Oom Piet sterk steeds aan' 'Oom Piet sterk steeds aan' | News Article](https://oscar.ofm.co.za/img/fr_2018127122247.jpg?w=600&h=300&mode=crop&anchor=middlecenter&scale=both)
‘n Gesiene sakeman van Kimberley, Piet Els, wat hierdie week saam met sy lewensmaat Rikkie Alsemgeest op ‘n plaas tien kilometer buite die dorp aangeval is, is na die intensiewesorgeenheid by die Mediclinic Gariep oorgeplaas.
Alsemgeest se seun, Niel, het by navraag aan OFM-nuus bevestig dat sy ma vandag uit die hospitaal ontslaan word.
Hy sê Els is stabiel en asemhaling gaan makliker. Els en Alsemgeest het veelvuldige beserings opgedoen nadat hulle Woensdag in die vroeë oggendure op Els se plaas deur vier booswigte oorval is.
Volgens Niel het die booswigte later met meeste van die inhoud van ’n kluis, ‘n handsak, juweliersware en selfone gevlug.
Polisiewoordvoerder, Sergio Kock, sê nog niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en die polisie ondersoek klagte van huisroof en aanranding met die doel om ernstig te beseer.
OFM-nuus